Rekenaars deel van groot skenking
Rekenaars deel van groot skenking

Rekenaars deel van groot skenking

Augetto Graig
Augetto Graig - Die Pinnacle Metropolitan-bemagtigingstrust het verlede week rekenaars en wasbare sanitêre ware aan verskeie maatskaplike organisasies oorhandig. Die skenking beloop nagenoeg N$40 000.

Die voorsitter van die trust, me. Clara Bohitile, het gesê die trust is in 2006 geskep deur Metropolitan-begunstigdes wat voorheen benadeel was en wou teruggee aan diegene wat tans nog swaar kry.

Hul filosofie is om die gemeenskap op te hef deur middel van programme wat werkverskaffing, vaardigheidsontwikkeling of armoede-uitwissing ondersteun, sê sy. “Ons gee terug aan die armes en dié in nood.”

Die Beautiful Kids Kleuterskool in Katutura is gekies, saam met die Mevrou Afrika-organisasie en #UpliftHer, om 200 herbruikbare sanitêre broekies aan meisies in nood te versprei. Me. Liselle Groenwaldt van Mevrou Afrika sê hulle het gevra dat die skenking ook met Beautiful Kids gedeel word om jong meisies se selfbeeld te help bevorder. “Ons aanvaar maklik vroulike sanitêre ware as vanselfsprekend en as die voorraad uitgeput is, gaan ons bloot winkel toe en koop weer. Daar is egter meisies wat nie soos ander gou winkel toe kan gaan nie. Hiermee kan ons U329; yslike verskil in hul lewens maak,” het sy gesê.

Me. Rosalia David en haar niggie Monica Pinias het #UpliftHer begin om die broekies landwyd te versprei. Hulle wag ook op ''n antwoord van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oor moontlike hulp met vervoer en is van voorneme om by drie skole in die //Karasstreek te begin.

Op sy beurt was mnr. Ernst !Gawanab van die Internet Kafee op Uis amper in trane van dankbarheid oor die vyf geskenkte rekenaars. Hy meen die dorpie gaan baie baat vind. Hy het met Bohitile saamgestem dat die rekenaars sal help om die mense van Uis met die inligtingswêreld in kontak te bring, maar ook om hulle in staat te stel om onmiddellik met die buitewêreld kontak te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!