Rehobothers wil hof toe
Rehobothers wil hof toe

Rehobothers wil hof toe

'n Groep beswaardes op Rehoboth wil hê Swapo-raadslede moet persoonlik verantwoordelik gehou word vir alle uitgawes en skade wat die dorpsraad se omstrede hulpbronnebestuurder tydens sy onwettige aanstelling veroorsaak het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Leiers en verteenwoordigers van die inwoners van Rehoboth het regsadvies ingewin ten einde 'n dringende interdik teen dorpsraads­lede en die dorp se omstrede bestuur­der van menslike hulpbronne, mnr. Willie Swartz, te bekom.

Die UPM-parlementslid, mnr. Jan van Wyk, pastoor Basie van Wyk en mnre. Abes Kaibib en Tomy Daniel het Dinsdag in Windhoek met 'n prokureur vergader.

Hulle wil eis dat die hof dringend teen die Swapo-raadslede, mnre. Winston Uirab en Jonas Mathew, die adjunkburgemeester, me. Eve Maasdorp, asook die burgemeester, me. Christina Blaauw, optree. Ook moet Swartz uit sy amp verwyder word. Die beswaardes wil voorts versoek dat die Swapo-raadslede persoonlik verantwoordelik gehou word vir alle uit­gawes en skade wat Swarts tydens sy onwettige aanstelling veroorsaak het.

Volgens Van Wyk “is die gemeen­skap van Rehoboth moeg. Die minister dreig net, maar daar gebeur niks.”

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, het vroeër gesê Swartz is onwettig deur die dorpsraad aangestel, die betaling van sy salaris is onwettig en dat die raad haar opdrag om van hom ontslae te raak, moet uitvoer.

Weens die Swapo-meerderheid op die dorpsraad se ongewilligheid om teen Swartz op te tree, moet die in­woners nou self ingryp, sê Kaibib.

Onlangse wanbestuur en beweerde misbruik van die dorp se kwynende bates is volgens die inwoners dat Swartz vir homself 'n motortoelaag van N$19 000 uitbetaal het, en die raad Vrydag onreëlmatig grond na aan die Oanobdam aan mnr. Stephanus Dax verkoop het. Blykbaar het die raad ná die daad Dinsdag 'n spesiale vergadering gehou om die verkoop goed te keur.

Die grootste ontevredenheid is oor die dorp se kragrekening wat weer eens die hoogte ingeskiet het, nadat NamPower reeds vroeër vanjaar weens uitstaande skuld die kragtoevoer na Rehoboth tydelik afgesny het.

Op 10 Augustus het die nasionale kragverskaffer wéér die Rehoboth-munisipaliteit genader en 'n dringen­de vergadering voor die einde van die maand versoek om die saak te bespreek.

NamPower se uitvoerende direkteur, mnr. Simson Haulofu, skryf onder meer in 'n brief aan Rehoboth se uitvoerende hoof, mnr. Christof­ Uirab: “Ten spyte van ver­skeie ­versoeke om betaling om jul rekening op datum te kry, is dit steeds ­agterstallig.”

“Die huidige balans soos op 9 Augustus 2017 is N$36 767 507,73, waarvan N$28 018 138,75 agterstallig is. Dit lyk nie goed op ons balansstaat nie. Die situasie het ondraaglik geword.” Dít terwyl sowat 90 persent van die formele huisgesinne in die dorp koopkrag het.

Die groep leiers en verteenwoordigers beplan om tydens 'n gemeenskapsvergadering Sondag om 14:00 by die Hermanus van Wyk- gedenksaal terugvoering aan die inwoners gee.

Volgens Van Wyk samel hulle tans dokumente met betrekking tot die saak in en doen 'n beroep op inwoners wat soortgelyke dokumentasie besit, om hulle te kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!