Rehoboth wen eie toernooi

Klubrugby
Rehoboth Rugbyklub was Saterdag die wenner van sy jaarlikse toernooi op die dorp, toe hy die eindstryd teen sy buurklub Reho Falcon met 5-3 beklink het.

Rehoboth het vroeër in sy semifinaal met die hoogste telling van die dag (24-0) verby die klub se derde span gestorm, terwyl Reho Falcon die eindstryd gehaal het deur vir St. Lou met 3-0 uit te skakel.

Wedstryde is in helftes van tien minute elk gespeel.

As kampioene het Rehoboth met N$5 000, 'n trofee en goue medaljes weggestap, terwyl Reho Falcon met N$3 000 en silwer medaljes getroos is.

St. Lou, wat die derde plek met 10-0 teen Rehoboth III beklink het, se beloning was N$2 000 en bronsmedaljes.

Die toernooi oor die Onafhanklikheidsnaweek is van sy gebruiklike tyd op die Paasnaweek verskuif, maar steeds het teleurstellend min klubs op die uitnodiging gereageer. Western Suburbs, die enigste van Windhoek, was Vrydag ook 'n laat onttrekking en dus het net Reho Falcon en St. Lou van die gasheerdorp oorgebly.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!