Rehoboth trek United plat

Unam vergroot sy voorsprong op punteleer tot 14 ligapunte, terwyl die Rooi Bulle vier ligapunte teen United inoes.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Drie premierliga-wedstryde van die Namibië Rugby-unie (NRU) is Saterdag afgehandel waarvan twee in Rehoboth en een in Windhoek beslis was.

By Suburbspark in Khomasdal kon FNB Western Suburbs net-net nie die knoop deurhaak in sy derby-botsing teen FNB Unam nie, terwyl Rehoboth-rugbyklub se Rooi Bulle hul eerste oorwinning van die 2019-seisoen op sy tuisveld teen Trustco United met 23-19 bewerkstellig het.

Reho Falcon maak beslis vordering in sy tuiskragmeting teen FNB Wanderers, maar ten spyte van sy moeite klop die Wit Hingste die gasheer met 59-26.

Die wedstryd in Khomasdal was 'n naelbyt affêre waar die gasheerspan tot vyf minute voor die eindfluitjie met 13-9 voorgeloop het.

Nadat Lorenzo Louis van Unam met die wedstryd se eerste skop na die pale misluk, is dit Suburbs se Justin Nel wat sekuur vir 'n strafskop aanlê om met 3-0 voor te loop.

Die botsing is meestal deur beide spanne se voorspelers gevoer, met Suburbs wat beïndruk terwyl Unam in die vaste skrums oorheers, maar nie werklik deurlopend daarin kon slaag om Suburbs te boelie nie.

Met sekondes oor voor die rustydfluitjie, is dit Suburbs wat weer voor die doellyn van Unam kamp opslaan en met sy voorspelers probeer deurbreek. Dit is egter die linkervleuel Russell van Wyk, gewese nasionale speler van Suburbs, wat met krag oor die doellyn val vir die eerste drie van die wedstryd. Nel korrel raak en die manne gaan drink koeldrankies met die telling op 10-0 in die guns van Suburbs.

Kort ná die afskop vir die tweede helfte slaag Nel met 'n strafskop (13-0) en dit wil lyk of Suburbs in die onderonsie die botoon gaan voer. Unam se voorspelers is in die eerste helfte genadeloos deur skeidsregter Stephan Kellerman gestraf, maar in die tweede periode verander die prentjie aansienlik met die gasheerspan wat gereeld tien meter terug gestuur word.

Lorenzo Louis, kwiksilwer heelagter van Unam, slaag met twee strafskoppe om die telling tot 13-6 te laat krimp. Ongelukkig vir Suburbs mis Nel 'n strafskop voor die pale en danksy Louis se skopvoet kruip Unam met 'n verdere drie punte nader om met 13-9 bloed te ruik.

Met net vyf minute speeltyd oor, boer Unam kort-kort in die kwartgebied van die gasheerspan en ná 'n reeks strafskoppe is dit Unam se nasionale o.20-haker Shaun van Wyk wat oorval. Louis slaag met die doelskop vir 'n oorwinning (16-13) waarin Unam hard moes werk.

Beide spanne se verdediging was tops met nie een van die snellers wat 'n duim ruimte op die aanval gegun was nie. Die speler van die wed­stryd-toekenning gaan aan Mogamat Emamdien, agtsteman van Suburbs wat uithalerspel gelewer het.



OPSKUDDING OP REHOBOTH

Wanderers wen met 59-26 teen Reho Falcon danksy nege drieë wat deur heelagter Lean Stoop (3), vleuel Tuna Amutenya (3), flank Marnus van Wyk, haker Stefan Hattingh en die plaasvervanger-senter Bredell Wessels gedruk is. Wessels slaag met een doelskop en binnesenter Brandon Groenewald met ses doelskoppe.

Falcon se 26 punte kom van sy heelagter Rolando Britz wat twee keer die Hingste se doellyn oorsteek, terwyl losskakel Franklin Busch met beide doelskoppe slaag en ook vier strafskoppe byvoeg.

• Rehoboth se Rooi Bulle laat egter waarnemers van plaaslike klubrugby se wenkbroue lig deur United – een van die voorlopers wat die volle tien ligapunte ná twee wedstryde gehad het – met 23-19 te pootjie.

Rehoboth se vleuel Paulus Hangula druk twee keer en losskakel Ascher Coetzee slaag met 'n skepskop, terwyl senter Henrique Olivier suiwer met twee doel- en twee strafskoppe korrel om hul oorwinning te help verseël.

United het ná sowat 'n halfuur sy rekening met 'n strafdoel geopen, maar was rustyd met 3-13 agter. Twee drieë in die tweede helfte was ook nie genoeg om salf te smeer nie.

Rehoboth se afrigter David Philander het agterna aan Nampa gesê sy span se harde werk in die voorseisoen het vrugte afgewerp.

“Ons het vandag vir bykans die hele 80 minute ons konsentrasie behou. Die manne het hard geveg en gewys dat hulle hou vir hou met enige span kan saampraat. Die steun van ons toeskouers was ook 'n groot aanmoediging.”

Vir sy eweknie van United, Robbie Dickson, was dit 'n dag van frustrasie.

“Ons was swak in die eerste helfte en het dinge vir onsself moeilik gemaak. 'n Mens moet krediet gee vir wat David Philander sover met sy Rehoboth-span regkry.

“Ons kon nie momentum behou nie en sommige van die skeidsregter se beslissings teen beide spanne het die vloei van die wedstryd ontwrig. Vir ons is dit nou maar terug tekenbord toe ter voorbereiding op ons volgende wedstryd teen Unam,” het Dickson gesê.

Die wedstrydbepalings hervat op 27 April, ná die Paasnaweek.

Dan speel (tuisspanne eerste) Unam teen Rehoboth, Western Suburbs teen Wanderers, en Kudus teen Reho Falcon.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15%