Rehoboth-tiener se saak tot Desember uitgestel
Rehoboth-tiener se saak tot Desember uitgestel

Rehoboth-tiener se saak tot Desember uitgestel

NAMPA
‘n Tiener wat in verband met die moord en verkragting van die 57-jarige me. Sarah Jagger aangekla is, het Dinsdag sy vierde verskyning in die Rehoboth-landdroshof gemaak.

Die 14-jarige seun het voor landdros Elize Cooper-Steyn op klagte van moord en verkragting verskyn – oortredings wat hy n bewering op 30 September gepleeg het.

Sy saak is tot 11 Desember vir verdere ondersoek uitgestel, asook om hom die geleentheid te gun om vir regshulp aansoek te doen.

Polisiebeamptes het op Jagger se voet afgekom toe hulle uitgeroep is om ‘n brand by die plaashuis op die plaas |Aoxas, sowat 5 km suid van Bahnhoff, te blus.

Hulle het die voetspore vanaf die plaashuis gevolg en later die oorledene se lyk daar naby gevind. Daarna het voetspore hulle na die beskuldigde gelei.

Staatsaanklaer Victor Mutumbulwa verskyn vir die staat.

Die beskuldigde is borgtog geweier weens die moontlike inmenging by die polisieondesoek en dit sou nie in die belang van die publiek wees as hy vrygelaat word nie.

Hy bly in aanhouding by die Rehoboth-polisiekantoor se aanhoudingselle. – Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!