Rehoboth se sjebeenbase ruk op
Rehoboth se sjebeenbase ruk op

Rehoboth se sjebeenbase ruk op

Sowat 200 sjebeen- en kroegeienaars neem vandag aan ’n optog deel om oplossings vir die uitreiking van lisensies te vind.
Augetto Graig
Augetto Graig - Sjebeen- en kroegeienaars op Rehoboth maak gereed om vanoggend aan ’n optog deel te neem om hul ontevredenheid uit te spreek oor ’n moratorium op dranklisensies wat sedert 2015 in die Hardapstreek van toepassing is.

Volgens mnr. Fanuel Haduwa, sekretaris-generaal van die Namibia Retail Traders Association, wat sowat 200 sjebeen- en kroegeienaars op die dorp verteenwoordig, word talle lisensie-aansoeke bloot deur die owerhede geïgnoreer en word dié moratorium steeds toegepas.

Dít ten spyte van konsultasies met verskeie belanghebbers, wat die kantoor van die streeksgoewerneur, die streeksraad en die drankraad insluit.

Selfs die plaaslike Swapo-koördineerder kon tot dusver nie veel help nie, sê Haduwa.

“Ons het baie briewe geskryf, maar ons hoor niks terug nie,” sê hy.

Afgesien van die moratorium is dit volgens hom meestal ook byna onmoontlik vir sjebeen-eienaars om aan die vereistes vir dranklisensies te voldoen.

Baie van die besighede is ook op grond geleë wat die plaaslike owerhede nog nie vir hierdie doeleindes goedgekeur het nie.

’n Soortgelyke probleem bestaan glo ook op Mariental, waar sowat 150 sjebeen- en kroegeienaars deur die organisasie verteenwoordig word.

Vandag fokus die ontevrede eienaars egter die Rehoboth-owerhede se aandag op die probleem, sê Haduwa.

Die optog sal volgens plan om 08:00 by Blok E afskop en tot by die streeksraad se kantoor op die dorp vorder.

Volgens Haduwa is die plaaslike polisie en die dorpsraad reeds hiervan ingelig en is toestemming vir die optog verkry.

Die polisie sal die optog vergesel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!