Rehoboth-moordenaar kry 35 jaar agter tralies
Rehoboth-moordenaar kry 35 jaar agter tralies

Rehoboth-moordenaar kry 35 jaar agter tralies

Die man wat sy meisie meer as vyf jaar gelede in hul huis naby Rehoboth vermoor het, is Dinsdag in die hoërhof in Windhoek gevonnis.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Voordat regter Nate Ndauendapo eergister vir Paulus Ruben tot 35 jaar gevangenisstraf vir die moord op sy meisie gevonnis het, het hy gesê Ruben het nie ’n sweempie berou gedurende die verhoor getoon nie.

Die regter het in sy uitspraak gesê moord is ’n ernstige misdaad wat ’n strawwe vonnis verg.

Die feit dat Ruben en die oorledene, me. Magritha Beukes (41), in ’n romantiese verhouding betrokke was toe hy haar vermoor het, word as ’n verswarende faktor in die vonnisoplegging beskou.

“Geweld teen vroue het ’n krisispunt bereik en gaan onverminderd voort ten spyte van die hewige strawwe wat die howe oplê,” het die regter gesê.

Ruben is in Desember verlede jaar skuldig bevind aan die moord op Beukes.

Ruben het haar tussen die aand van 3 Januarie 2012 en die volgende oggend met ’n onbekende voorwerp teen haar kop geslaan.

Beukes is op die oggend van 4 Januarie 2012 dood in haar bed aangetref en Ruben is agt dae daarná op ’n plaas in die omgewing van Bahnhof naby Rehoboth in hegtenis geneem.

Die post mortem-verslag het die oorsaak van dood toegeskryf aan trauma wat deur ’n stomp voorwerp aan die kop toegedien is.

Ruben het tydens die verhoor aangevoer dat hy nie tuis was gedurende die tydperk toe Beukes vermoor is nie, maar drie getuies het hierdie alibi weerlê, aangesien hulle hom op die aand van 3 Januarie 2012 by Bahnhof gesien het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!