Rehoboth: Kerke, inwoners verenig teen swak dienslewering
Kerke van verskillende denominasies op Rehoboth, lidmate en inwoners het vanoggend soos een en geklee in swart aan ’n optog deelgeneem in protes teen onder meer korrupsie op die dorp.
Die ‘Massa Aksie van Rou’ wat deur verskeie kerkleiers gelei is, het tot by die dorpsraad se kantore beweeg waar ’n verklaring oorhandig sou word waarin die kerk van Rehoboth “sy profetiese stem laat hoor oor reg en geregtigheid en dienslewering op die dorp”.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie