Rehoboth-inwoners ruk op
Augetto Graig - Rehoboth se inwoners het Sondag in Blok E vergader om die verskeie probleme op die dorp te bespreek.
Inwoners skat daar was tussen 300 en 400 Rehobothers teenwoordig. Die dorp se massiewe skuld aan NamPower en NamWater is onder meer bespreek. Volgens inwoners was van die ander kwessies die Rehoboth-dorpsraad se menslike hulpbron-bestuurder, mnr. Willie Swartz, en die streekraadslid mnr. Eward Wambo van wie hulle glo ontslae wil raak.
Volgens Nampa het Wambo 'n man se hemp by die vergadering geskeur.
'n Gemeenskapskomitee is gestig met verteenwoordigers van elke blok wat dorpsraadvergaderings sal bywoon en terugvoering aan inwoners gee weens 'n “aanhoudende tekort” daaraan. Dit is ook aangekondig dat 'n afvaardiging van die Rehoboth Ekumeniese Raad vandag 'n afspraak het met die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, om inwoners se klagtes te bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie