Rehoboth-gesin in rou gedompel
Rehoboth-gesin in rou gedompel

Rehoboth-gesin in rou gedompel

’n Nadoodse ondersoek is vir vandag geskeduleer om te bepaal hoe ’n jong onthoofde vrou dood is.
Denver Kisting
Denver Kisting – ’n Ma van Rehoboth, me. Drieka Benz, het die dag ná Kersdag uitgevind dis haar dogter wie se kop verlede week aan die buitewyke van die dorp onthoof is.

Benz het Donderdag die polisie op die dorp besoek nadat haar enigste kind, me. Margaret Mos (33), ’n paar dae vermis was.

Benz se skoonsuster, me. Denise Benz-Bock, het gister aan Republikein gesê Drieka toon nie maklik emosie nie, “maar was baie gebreek Donderdag toe die polisie haar die plakkies (wat by die lyk gekry is) gewys het. By tye sien jy die hartseer in haar oë.”

Benz-Bock sê Mos se 13-jarige seun, Harrien, vat sy ma se dood “baie swaar”.

Die Rehoboth-polisie het verlede week ’n beroep op lede van die publiek gedoen om te help met die uitkenning van die lyk van ’n jong vrou wat verlede week aan die buitewyke van Rehoboth dood is – vermoedelik toe sy deur ’n voertuig getref is.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het verlede Maandag by navraag gesê Mos se kop is onder die voertuig vasgekeer en is toe vermoedelik afgeruk.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag, het sy gesê.

’n Polisiebron op Rehoboth het gesê die bestuurder van die Golf GTI moes vir ’n paar ure gehospitaliseer word weens die trauma van die ongeluk.

Volgens die bron was die motoris uit ’n westelike rigting ooswaarts op pad toe die ongeluk gebeur het.

Die bestuurder het glo eers die persoon op die teerpad opgemerk toe hy reeds naby haar was.

“Hy het probeer uitswaai, maar het haar met die onderkant van sy voertuig getref,” het die bron gesê.

Dieselfde bron het toe gesê dit sou onmoontlik wees om die oorledene aan haar vernielde gesig uit te ken.

“Die persoon is uitmekaar uit.”

Republikein verneem die polisie sluit nie die moontlikheid uit dat Mos vermoor is voor die ongeluk nie.

’n Nadoodse ondersoek sal na verwagting vandag gedoen word om lig te werp op die oorsake van Mos se dood.

In dié stadium is haar begrafnis vir die tweede naweek in Januarie geskeduleer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!