Rehoboth-borgtogaansoek sloer
Rehoboth-borgtogaansoek sloer

Rehoboth-borgtogaansoek sloer

'n Hardap-dorpie gons steeds oor die gruweldade waarby 'n geliefde opvoeder betrek word.
Denver Kisting
Denver Kisting



Meer as 'n week nadat 'n ­geliefde Rehoboth-oudonderwyser vir verkragting aangekeer is, is sy aansoek om borgtog nog hangend.

Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens die beweerde verkragting van sy agtjarige dogtertjie, se formele aansoek om borgtog het nie verlede week begin nie.

Hy sal na verwagting eerskomende Donderdag weer in die landdroshof op Rehoboth verskyn.

Die staatsaanklaer, me. Hillia ­Munzenze, voer aan die staat het 'n sterk saak teen die bejaarde man.

Me. Kandiwapa Nangombe is op die bank.

Hy en sy prokureur, mnr. Christopher Stanley, verwerp dié weergawe.

Sy inhegtenisneming het die klein Rehoboth-gemeenskap verdeel.

Hoewel talle veral in die sosiale media teen hom uitvaar, tree baie ook vir hom in die bresse.

Die aanvullende wiskundeklasse wat hy tuis aanbied, is baie gewild.

Die vermeende slagoffer is sy en sy tweede vrou se enigste kind saam.

Dié meisie is vanjaar in gr. 3 by 'n laerskool op Rehoboth.



SOORTGELYKE KLAGTE

Twee soortgelyke klagte, wat in 2017 teen hom aanhangig gemaak is, is ­intussen laat vaar.

Stanley het verlede week by navraag gesê sy kliënt ervaar erge gesondheidsuitdagings waarvoor hy ­minstens twee keer sedert sy inhegtenisneming mediese behandeling moes ontvang.

Die oudonderwyser het verlede Woensdagoggend aan Republikein gesê hy ly aan diabetes en hoë bloeddruk.

Sy identiteit word weerhou om dié van sy dogtertjie te beskerm.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!