Rehoboth bly in die rooi
Die beleërde plaaslike owerheid spring nie die impak van die Covid-19-pandemie vry nie.
Denver Kisting
Teen verlede week het die Rehoboth-dorpsraad NamPower nagenoeg N$129 miljoen vir sy inwoners se kraggebruik geskuld.
So sê die munisipaliteit se finansiële bestuurder, mnr. Zeino Theron.
Dit is sowat N$9 miljoen meer as wat die dorp in Maart aan die nasionale kragvoorsiener verskuldig was.
Boonop staar verdere ellende dié plaaslike owerheid in die gesig omdat hulle tans bykans geen inkomste ontvang nie.
Theron het verlede week tydens 'n terugvoeringsessie by die Covid-19-kommunikasiesentrum (CCC) in Windhoek oor die impak van pandemie op hul werksaamhede gesê hul faktuur by die nasionale watervoorsiener, NamWater, staan tans op sowat N$3,5 miljoen.
Dié bedrag is nagenoeg 'n halfmiljoen dollar meer as wat die Rehoboth-dorpsraad in Maart vanjaar aan NamWater verskuldig was.
Hy het ook toegegee alle inwoners het nie toegang tot lopende water nie.
Vanweë die gebrek aan hulpbronne is inwoners in veral informele nedersettings genoop om gemeenskaplike krane te deel.
Die Rehoboth-dorpsraad skuld NamPower ongeveer N$120 miljoen, het die plaaslike owerheid se uitvoerende hoof, mnr. Simeon Kanime, in Maart op 'n gemeenskapsvergadering gesê.
Hul skuld aan NamWater staan volgens hom op N$3 miljoen. Dié skuldbedrag was sowat 30 maande gelede op 'n allemintige N$30 miljoen, het hy bygevoeg.
Die uitvoerende hoof, wat verlede jaar in dié pos aangestel is, het verlede week by die CCC toegegee daar sal dadels kom van hul aanvanklike plan om teen vandeesmaand die waterskuld skoon te hê.
Theron het vroeër gesê daar is sowat 4 000 defektiewe kragmeters, waarmee inwoners krag steel. Sulke meters stel inwoners in staat om gratis elektrisiteit te ontvang.
Theron het verlede week by die CCC gesê omdat hulle gratis water aan inwoners moes voorsien en tans geen inkomste ontvang vir dienste gelewer nie, trek die plaaslike owerheid op die oomblik selfs swaarder as vroeër.
Hulle maak tans staat op die morele oortuiging van inwoners om op te dok vir die dienste wat hulle ontvang. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie