Reho-ongeluk: DNS-toetse dalk nie moontlik

Bestuurder het luukse vuurwa pas gekoop
25 March 2021 | Ongelukke
Ronelle Rademeyer en Boet Matthews
Die polisie sal waarskynlik steun op tandheelkundige rekords en sterk omstandigheidsgetuienis in die uitkenning van die twee mans en drie jong vriendinne wat Saterdagnag ná ’n hoë-impakbotsing buite Rehoboth onherkenbaar verbrand het.
Dit is omdat deoksiribonukleïensuur (DNS), wat die draer van erflike inligting in selle is, deur erge hitte soos wanneer 'n voertuig uitbrand, vernietig word, het komm. Nelius Becker, hoof van die polisie se Forensiese Wetenskapinstituut, gister by navraag verduidelik.
Intussen het me. Elsabé Diergaardt (48), die ma van een van die twee oorlewendes van dié gru-ongeluk, gister gesê haar dogter, Rachel “Barbie” Diergaardt (20), sterk goed aan. Haar man, mnr. Gerhard Diergaardt, het in 2010 toe Rachel nege jaar oud was, in ’n soortgelyke ongeluk naby Okahandja gesterf, vertel sy. Hy was toe 39 jaar oud.
“Rachel wou in die hospitaal by my weet of Oumeid en Zonkies wat saam met haar in die kar was, nog leef. Hulle kom al van graad R af saam,” het sy vertel oor haar dogter se twee beste vriendinne met wie sy van haar kleuterdae maats was. Dit is hulle byname.
“Die ander meisie het eers later met hulle bevriend geraak,” het sy gesê oor die derde vrou gesê wat in die ongeluk dood is.
Rachel het ernstige beserings opgedoen en is Dinsdag in die Katolieke Hospitaal in Windhoek geopereer. Sy is saam met mnr. Charles Shivela (35) uit die brandende wrak bevry. Die vlamme was gou so erg dat die ander vyf mense nie deur die omstanders verwyder kon word nie. Die polisie het aanvanklik gesê sy het uitgespring, maar dit het later geblyk sy is uitgesleep nadat haar veiligheidsgordel losgesny is.
Shivela is steeds in die St. Mary’s-hospitaal op Rehoboth. Hy het Dinsdag aan Republikein gesê hy voel beter.
Hy en twee van sy vriende het vermoedelik saam met die vier jong vroue op Rehoboth gekuier. Die eienaar van die luukse Range Rover, wat die voertuig verlede week gekoop het, het met hulle na Bahnhof-stasie gery. Hy het na bewering op ’n draai beheer oor die voertuig verloor en in die perron vasgejaag.
Becker het gesê daar hoef nie altyd DNS-toetse gedoen te word om oorledenes soos dié se identiteite te bevestig nie. “Hulle kan aan tandheelkundige rekords uitgeken word indien dit beskikbaar is. Die verklarings van mense wat gesien het dat hulle in die voertuig klim, of saam met hulle in die voertuig was, is sterk omstandigheidsgetuienis,” sê Becker.
“Wanneer ’n liggaam erg verbrand is, is dit soms moeilik om DNS vir ontleding te bekom. Dan kyk die polisie na alternatiewe maniere,” sê hy.
Intussen het mnr. Tarah Shaanika, uitvoerende hoof van Namibia Asset Management, gister die dood betreur van dié batebestuursmaatskappy se finansiële hoof, mnr. Ulrich “Bobby” Eiseb wat Saterdagnag in die ongeluk naby Rehoboth dood is.
Shaanika het Eiseb beskryf as "briljant, intelligent, opreg, lojaal en hardwerkend". “Hy het onlangs die rol as bedryfshoof gekry - hy was die kern van die maatskappy se bedrywighede. Dit is nie net die maatskappy nie, maar ook die beleggingsbedryf ’n groot verlies,” het hy by navraag gesê.
Republikein weerhou die name van die oorledenes tot hulle amptelik geïdentifiseer nie. [email protected]

Soortgelyk
Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek
37 minute gelede | Onderwys
Robberts bly in aanhouding
11 ure gelede | Howe
Inentings: Namibiërs wag en kyk
11 ure gelede | Gesondheid
Living a purposeful life
11 ure gelede | Mense
Weer vir 30 Maart 2021
11 ure gelede | Weer
Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes
11 ure gelede | Misdaad
Running for those who can’t
11 ure gelede | Skole
Windhoek kry eie ekonomiese plan
11 ure gelede | Regering
Ending the double shift system at schools
11 ure gelede | Onderwys
Kleinadvertensies