Reho kry tussentydse base
Twee tydelike uitvoerende hoofde het die leisels op Rehoboth oorgeneem.
Denver Kisting – Twee departementshoofde verbonde aan die Rehoboth-dorpsraad tree tans op ’n roterende grondslag as uitvoerende hoof by dié beleërde raad op.
Só het me. Nathalia /Goagoses, ministeriële verteenwoordiger, gister gesê.
Dié wending kom nadat die voormalige uitvoerende hoof, mnr. Christoph /Uirab, se laaste werksdag verlede Vrydag was.
Dr. Peya Mushelenga, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het Dinsdagaand aan Republikein oor Rehoboth gesê: “Ek het ’n skrywe van die ministeriële verteenwoordiger ontvang, wat ek nog moet bestudeer.”
/Goagoses is vroeër vanjaar deur Mushelenga afgevaardig om na die belange van die Rehoboth-dorpsraad om te sien toe hy die ganse raad die trekpas gegee het.
Sy tree tans kragtens wetgewing oor plaaslike owerhede as die tussentydse raad op, het Mushelenga dié week gesê.
/Goagoses het gister gesê die departementshoof van tegniese dienste, mnr. Ernst de Waal, neem tot 31 Julie waar waarná me. Rene Farmer, die afdelingshoof gemoeid met finansies, as uitvoerende hoof sal waarneem.
/Uirab het agt maande uit sy termyn van twee jaar tuis deurgebring.
Hy is twee keer in dié tydperk vir onderskeidelik twee maande en ses maande geskors.
Hy het in Februarie 2016 as die uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad begin werk.
/Uirab beweer hy is deur /Goagoses in die pad gesteek en het nie bedank nie.
/Goagoses het op haar beurt gesê /Uirab het bedank en die raad het sy bedanking aanvaar.
/Uirab het haar op 20 Junie ingelig dat sy dienste tot November vanjaar vir die dorpsraad beskikbaar is.
Sy het hom verlede Maandag ingeroep en ingelig sy 30 dae-kennistydperk verstryk verlede Vrydag.
Die Arbeidswet sê ’n werknemer, wat langer as ’n jaar werk, mag nie minder as 30 dae kennis gee nie.
Daarnaas, sê dié wet ’n werkgewer en ’n werknemer mag op ’n langer tydperk ooreenkom.
/Uirab oorweeg na wat verneem word regstappe teen die dorpsraad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie