Reho begin voorseisoen

16 January 2020 | Sport
Rehoboth Rugbyklub het reeds Maandagaand met sy amptelike oefeninge vir 2020 begin.

Volgens Marschell Diergaardt, die voorsitter, kan die opposisie maar weet dat verlede jaar se opmars tot in die semifinaal maar net die begin van die nuwe oplewing was.

“Dit lyk weer goed by die Rooi Bulle en byna 40 spelers het reeds die eerste aand vir oefeninge opgedaag. Ons kon daarin slaag om ons afrigter David Philander te behou nadat hy redelik aanbiedinge van ander klubs ontvang het.

“Ons het ook sover ek weet nie een speler verloor nie. Ons kan dus vanjaar inderdaad net beter vaar as verlede jaar. Alle voornemende jong spelers asook ander spelers wat by die klub wil aansluit, is welkom om by die oefeninge aan te sluit. Ons oefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae om 19:00.”

Volgens hom beoog die klub om op 21 Maart 'n sewestoernooi op Rehoboth aan te bied en nooi hy klubs om hul spanne te registreer.

Inskrywings is gratis, maar daar is net plek vir twaalf spanne.

Voor dit, op 22 en 23 Februarie, het Rehoboth ook twee spanne ingeskryf om in 'n sewestoernooi by FNB Wanderers ter viering van dié sportklub se honderdste bestaansjaar mee te ding.

Rehoboth Rugbyklub, net soos sy buurman Reho Falcon, is in afwagting op die amptelike aankondiging dat FNB Namibia vanjaar as hul hoofborg toetree.

Soortgelyk

 

Destined to inspire

8 ure gelede | Mense

Ester KamatiSem Mandela Uutoni’s desire for community development manifests itself in his work and is what drove him to pursue a bachelor’s degree in regional...

Make education your New Year’s resolution in 2020

8 ure gelede | Mense

Albin JacobsWith the holiday season drawing to a close it is time to focus on the new year, 2020. Almost everyone makes some kind of...

Dankbare dorre aarde

8 ure gelede | In beeld

“Die Karasberge in die Karasburg-distrik het onlangs vir die eerste keer in vier jaar reën gekry,” sê NP Esterhuyse, wat dié pragfoto geneem het.

Groot kanonne hoor kiessaak

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof...

Katrina hoor gou oor appèl

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag...

Fearless manager - Game of Phones

8 ure gelede | Mense

Michelline NawatisesLeandro van Wyk, call centre manager at MultiChoice Namibia, started his career in the banking industry in 2001 as a back-office ledgers clerk, after...

Connecting clients to the correct networks

8 ure gelede | Mense

Ester Kamati With internet connection, there is no stopping Macveren Kapukare, a telecommunication engineering graduate who is passionate about making a difference in the world...

Oudonderwyser sit steeds

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie...

Aandag alle bruidspare!

8 ure gelede | Gebeure

Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie skop weer vandag af. Paartjies wat tussen 1 Maart 2019 en 29 Februarie 2020 getroud is, kan vir vanjaar...