Rehabilitasiesentrum fokus op nek en rug

Eerste van sy soort in die land

03 December 2018 | Gesondheid
Namibia Health Risk ­Solutions (NHRS) se rug- en nek­rehabilitasiesentrum, die eerste van sy soort in Namibië, is amptelik in Windhoek geopen.

Die sentrum bied danksy gespesia­liseerde toerusting 'n uitkoms aan Namibiërs wat sukkel met ­chroniese rug- en nekpyn.

Dit is amptelik deur die adjunk­minister van gesondheid en maat­skaplike dienste, me. Juliet ­Kavetuna, geopen. Sy het gesê toenemende toegang tot kwaliteit­gesondheidsorg bly 'n ideaal waarna haar ministerie streef.

Volgens Kavetuna is die rehabilitasiesentrum 'n simbool van hoe die private sektor kan help om ­gemeenskappe te ontwikkel waarin 'n gesonde leefstyl voorkeur kry.

“Die sentrum gaan 'n integrale rol speel om ons te help om gesondheidsprobleme soos chroniese ­rug- en nektoestande te hanteer,” het ­Kavetuna gesê.

NHRS is 'n onderneming van ­Medscheme Holdings en sal rug- en nekbehandeling doen volgens protokol vir dokumentgebaseerde sorg (DBC). Laasgenoemde maak gebruik van DBC-masjiene en behandelingsmetodes wat meer as 30 jaar gelede in Finland ontwikkel is en mettertyd verbeter het.

'n Span dokters en ­fisioterapeute werk nou saam met 'n span ­biokinetici wat pasiënte op die ­gespesialiseerde DBC-toerusting sal behandel.

Danksy die bestuur van pyn en metodes gebaseer op oefeninge, ontwikkel pasiënte se kern en word pyn mettertyd sodoende verminder.

Fisioterapie verskaf pynverligting, terwyl biokinetika spiermobiliteit en krag ontwikkel wat op lang termyn met pynbestuur help.

Die kliniek is op die grondvloer langs die Omuramba-daghospitaal in Genl. Murtala Muhammed­rylaan in Eros geleë. Die kontaknommer is 061 447 100.

Soortgelyk

 

Eis van miljoene ná miskraam

6 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

6 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

6 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

6 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

6 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...

Musieklegende se stem stil

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.Finch en sy vrou, Marion, woon al...

Padgebruik al duurder

6 ure gelede | Infrastruktuur

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Weer vir 21 Mei 2019

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mestal mooi weer en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar koud in die...

Kragverspreider gedagvaar

6 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Ma van Mondesa op Swakopmund dagvaar die Erongostreek se kragverspreider ná die dood van haar minderjarige dogter. Theonese Anthea Simon is...