Regulasie briek langafstandreisigers
Regulasie briek langafstandreisigers

Regulasie briek langafstandreisigers

Die toerismebedryf kan miljoene in gekanselleerde besprekings weens die huidige vereiste vir besoekers verloor.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die openbare gesondheidsregulasies vir die aankoms in Namibië moet na die oorspronklike bewoording verander word wat sê die uitslae van Covid-19-toetse mag nie ouer wees as 72 uur vanaf die tyd wat die besoeker die eerste keer aan boord van ’n vliegtuig gegaan het nie. Dit is in lyn met die Lugvervoervereniging (IATA) se standaardbewoording van “eerste keer aan boord gaan”.
Dié dringende versoek word deur onder meer die Toer- en Safarivereniging (TASA) en die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) aan die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gerig in ’n poging om die sukkelende toerismebedryf in die land weer op dreef te kry.
Volgens die versoekskrif sal die verandering in die huidige regulasies dit geografies vir besoekers van hoëwaarde-bronmarkte oor verskeie tydsones (Hongkong, Singapoer, China, Noord-Amerika) moontlik maak om Namibië te bereik.
Lande wat baie gewild is onder hoëmark-toeriste en in veral Suid-Afrika, Kenia, Mauritius, Rwanda, Seychelle, Zambië en Zimbabwe, sal direk uit die kansellasies en verlore besprekings voordeel trek wat die bewoording van Namibië se regulasies beperk.

KANSELLASIES
Sou die huidige bewoording in plek bly, sal dit tot ’n 60% kansellasie van besprekings lei wat deur langafstandreisigers gehou word. “So kan 30 tot 40 besighede oraloor Namibië in beide landelike en stedelike gebiede getref word,” lui die versoekskrif.
Oor ’n jaar kan dit tot die verlies van N$20 miljoen in besprekings lei.
Bereken oor 40 besighede kom dit op ’n direkte verlies van tot N$800 miljoen neer, met 3 000 inwoners wat die risiko loop om hul werk te verloor.
Volgens die versoekskrif sal die terugkeer na die oorspronklike bewoording van 72 ure tot die tyd wat die besoeker die eerste keer aan boord gaan, Namibië se regulasies in ooreenstemming bring met Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Kenia en baie ander lande s’n.
“Die verandering sal help om besighede oop te hou, Namibiese werksgeleenthede te red en help om te verseker die toerismebedryf, Namibië se derde grootste bedryf voor die Covid-19-pandemie, oorleef.”
Die versoekskrif verwys na die afkondiging van ’n noodtoestand in die land in Maart verlede jaar wat lugverkeer van spesifieke lande opgehef het, terwyl nog beperkings gevolg het.
Teen 31 Maart was dit volgens die versoekskrif die begin van die einde vir die meerderheid van internasionale reise na Namibië vir die res van die jaar, ’n situasie wat homself vanjaar herhaal het.
“Namibië se huidige bewoording in reisregulasies vir besoekers knel egter langafstandreise en skep so ‘reuseverliese’ in die plaaslike toerismebedryf, die land se ekonomie en kos duisende Namibiërs hul werk.”
Volgens die huidige regulasies mag besoekers die land net binnekom as hulle ’n negatiewe PCR-toets kan wys wat nie ouer as 72 uur is vanaf die datum wat die weefselmonster geneem is nie en wat deur ’n gesertifiseerde laboratorium in die betrokke land uitgereik is.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051