Regtegroepe teiken polisie- en spioenasiehoofde met nuwe wet

Optrede hou gevare in

14 September 2017 | Internasionaal
Praag/Washington – Polisie- en spioenasiehoofde van China tot in die Midde-Ooste, 'n Oekraïense oligarg en 'n voormalige president van Panama is onder die mense teen wie 'n koalisie van menseregtegroepe sanksies ingestel wil hê ingevolge uitgebreide Amerikaanse wetgewing om vergrype en korrupsie wêreldwyd te verminder.

In dokumente wat gister openbaar gemaak sou word, het die koalisie 15 sake aan die VSA se ministeries van buitelandse sake en finansies voorgelê. Die koalisie versoek ondersoeke om vas te stel of stappe ingevolge die Wêreldwye Magnitsky-wet geneem kan word.

“Die sake wat ons gekies het om uit te sonder kom uit elke streek van die wêreld en behels grusame verhale van marteling, gedwonge verdwynings, moord, verkragting, afpersing en omkopery,” het die koalisie bestaande uit 23 groepe in 'n brief aan die ministers Rex Tillerson en Steven Mnuchin geskryf. Volgens die groepe is hul inligting gebaseer op eerstehandse getuienis deur slagoffers, hul regslui, ondersoekende joernalistiek en verslae deur nieregeringsorganisasies (NGO's).

Die name van polisie- en veiligheidshoofde, asook aanklaers in Bahrein, China, Egipte, Saoedi-Arabië, Mexiko en lande in Sentraal-Asië waar aangehoudenes gemartel, tereggestel is of in aanhouding gesterf het, verskyn op die lyste. Human Rights First in Washington koördineer die aansoeke.

Griewe is ook teen China se adjunkminister van openbare veiligheid, Fu Zhenghua, en die adjunkhoof van Beijing se munisipale buro vir openbare veiligheid, Tao Jing, gelê. Die twee beamptes was volgens die ­koalisie in bevel tydens die marteling en dood van die menseregteaktivis Cao Shunli in 2014.

Dmitry Firtash, 'n Oekraïense oligarg wat in 2013 in die VSA van omkopery en ander oortredings aangekla is, is ook op die lys. 'n Ander teiken is die voormalige Panamese president, Ricardo Martinelli. Hy is tans in die tronk in Florida en staar uitlewering aan Panama in die gesig vir beweerde onwettige sekuriteitsoperasies en die diefstal van staatsgeld. Martinelli het by herhaling die klagte ontken. President Donald Trump het in April aan die Amerikaanse kongres gesê die Magnitsky-wet moet “robuust en deeglik” toegepas word.

Die Trump-regering het nog nie sanksies of belettings om te reis met die wetgewing ingestel nie, maar volgens 'n amptenaar is optrede teen talle persone reeds van “binne en buite” voorgestel. - Nampa/Reuters

Soortgelyk

 

Trump laat Amerika bloos oor 'Nambia"

8 ure gelede | Internasionaal

Pres. Donald Trump van Amerika het gister tydens ‘n vergadering met Afrikaleiers in New York na Namibië as “Nambia” verwys.Tydens die ontmoeting het Trump gesê:...

Ysterertsmyn dalk op Windhoek se voorstoep

18 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Gemeenskapsvergaderings word vandag by Neudamm en in Windhoek gehou vir insette oor die impak wat die beplande ysterertsmyn 50 km oos van...

Droogtenood in Suide al groter

18 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer 'n Projek, onder aanvoering van die Keetmanshoop Streekslandbou-unie (SLU), is tans werksaam om dringend voer vir vee op meer as 50 plase in...

wenfoto by Hakos gekiek

18 ure gelede | Omgewing

Die wenner van die Insight Sterrekunde Fotograaf van die Jaar-kompetisie het sy foto in Namibië geneem. Die Rus Artem Mironov is vanjaar se algehele wenner­...

Nuwe stelsel veroorsaak chaos by lughawe

18 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê dit het 'n korttermyn­oplossing gevind om die chaotiese­ vertragings by die Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako...

Weer vir 21 September

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm. Winderige toestande word in die Noorde en oor die sentrale hoëgrond verwag. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Noord-Amerikaners wil Namibië besoek'

18 ure gelede | Toerisme

Namibië is 'n toeristebestemming wat Noord-Amerikaners graag wil besoek.Só sê die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), me. Zelna Hengari, wat saam met die...

Tienermeisie steek baba glo in tas weg

18 ure gelede | Misdaad

Twee vroue, van wie een 'n skoolmeisie is, is Dinsdag in verband met die verberging van 'n geboorte in hegtenis geneem.OMUTELEVolgens die Namibiese polisie se...

Goeie nuus vir sekuriteitswagte

18 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig - Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het aangekondig sekuriteitswagte in Namibië moet van verlede Vrydag (15 September) af ten minste N$8,75...