Regrukplan vir South Deep werp vrugte af
Regrukplan vir South Deep werp vrugte af

Regrukplan vir South Deep werp vrugte af

Die regrukstrategie is onder meer gemik op ’n veiliger werkomgewing en groter produksie en winsgewendheid.
Jo-Mare Duddy Booysen
Riana de Lange - Twee jaar nadat die bestuur van Gold Fields se South Deep-myn besluit het op ’n regrukplan, lewer dié myn in Westonaria bemoedigende resultate – soos dat hy verlede jaar vir die eerste keer ’n wins ­gemaak het.

South Deep, deesdae Gold Fields se enigste Suid-Afrikaanse bate, het verlede jaar kontant van US$12 miljoen (sowat R175 miljoen) gegenereer uit goudproduksie van 290 000 onse, vergeleke met 198 000 onse in 2015.

Selfs al word die voordeel van rand­verskansing buite rekening gelaat, het die myn op ’n kontantgrondslag gelyk­gebreek.

Die regrukstrategie is onder meer gemik op ’n veiliger werkomgewing en groter produksie en winsgewendheid.

Nick Holland, uitvoerende hoof van Gold Fields, sê wat kontantvloei per fyn­ons betref, vergelyk die maatskappy gunstig met die agt grootste goudprodusente ter wêreld.

Die bedrywighede in Suid-Afrika, Australië en elders is gemik daarop om kontantvloei te genereer.

“Om waarde te ontsluit, moet ons die geld bestee, maar dit is belangrik dat dit wys bestee word.

“Met die huidige projekte in die portefeulje en bestaande mynboubedrywighede, is die maatskappy in ’n goeie posisie om minstens sy huidige produksie vir die volgende sewe of selfs tien jaar te handhaaf,” het hy op ’n besoek van ontleders aan South Deep gesê.

Diepvlakmynbou

As deel van die regrukproses is vorige produksie- en kosteteikens in 2015 geskrap om South Deep se nuwe bestuurspan kans te gee om die grondbeginsels reg te kry vir die toekomstige strategie.

Die maatskappy sê dié span het omvattende ondervinding en blootstelling aan gemeganiseerde diepvlakmynbou. South Deep se mynbedrywighede is op ’n diepte van tot 3 km.

Volgens Adriaan de Beer, waarnemende uitvoerende visepresident van Gold Fields Suid-Afrika, mik South Deep daarna om teen 2022 konstante produksie van 500 000 onse per jaar te bereik en die myn se algehele koste tot minder as US$900 per ons (in 2017-geldwaarde) te beperk teenoor 2016 se US$1 234.

“In die volgende ses jaar sal die tonnemaat wat gemyn word in ’n konstante tempo toeneem van die huidige 160 000 ton per maand tot 230 000 ton.

“Die groter bydrae deur die gebruik van massiewe mynboumetodes is grootliks verantwoordelik vir hierdie volumegroei,” sê De Beer.

Die algehele beter prestasie van die myn op lang termyn berus nie op ’n verwagting van veel hoër produktiwiteit nie, maar op naastenby dít wat verlede jaar bereik is.

Toekomsplanne

In die volgende ses jaar sal die myn R2,28 miljard bestee aan onder meer ondergrondse infrastruktuur (R1,04 miljard), ­opvolgende ontsluiting (R724 miljoen) en toerusting (R66 miljoen).

Die regrukstrategie volg nadat die nuwe bestuur in 2015 ’n diagnose gedoen en uiteindelik 68 projekte geïdentifiseer het om die basiese gehaltebeginsels in mynbou te verbeter en ’n vol­houbare gemeganiseerde myn te skep.

Die meeste van dié projekte hou verband met infrastruktuur (16 projekte), mynboumetodes (15) en vlootbestuur (11).

Tot dusver is 29 projekte voltooi.

Om veiligheid in die myn te bevorder, is aandag gegee aan instandhouding en hernuwing, veiliger mynboumetodes deur ­meganisasie, seismiese beheermaatreëls en veiliger ontwerp.

Die toerustingvloot is deels vernuwe en werkwinkels en bergplekke vir onderdele is ondergronds ingerig.

Tot R30 miljoen se onderdele word hier gehou.

Ruaan Greeff van South Deep se ingenieursafdeling sê daar is ’n vaste rooster waarvolgens mynboutoerusting nou meer gereeld nagegaan en op gereelde tye behoorlik versien word om hul leeftyd en betroubaarheid te verleng.

’n Vlagskipprojek vir Gold Fields is ’n ten volle toegeruste werkwinkel van 200 m2 ondergronds waar die voertuie vinniger en doeltreffender nagegaan en versien word. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071