Regrukaksie begin op Jakkalsputz
Regrukaksie begin op Jakkalsputz

Regrukaksie begin op Jakkalsputz

Kampe dalk spiekeries voor seisoen
Des Erasmus
Des Eramus



Op Jakkalsputz het die stof gister gedraai namate 'n noodplan vir die rehabilitasie van die gewilde oord net suid van Hentiesbaai in werking gestel is.

Terselfdertyd het Namibia Wildlife Resorts (NWR) se beheerbeampte oor die kusoorde, mnr. Francois Snijders, op Hentiesbaai aangekom waar hy tot selfs ná die naweek in beheer van die operasies gaan wees om die poorte van Jakkalsputz, Myl 72 en Myl 108 op 1 Desember vir kampeerders oop te swaai.

Op Hentiesbaai is gister beweer dat elke inwoner wat oor 'n ou bakkie beskik op Jakkalsputz help.

'n Bewering waaraan NWR gekoppel word, is dat instandhouding­spanne uit die binneland gister op pad see toe was om met die regrukaksie van die oorde te help.

In antwoord op vrae het van die Hentiesbaaiers oor hul doen en late op Jakkalsputz gesê: “Het kontrak gekry.”

Beweringe was dat soortgelyke noodmaatreëls by Myl 72 en Myl 108 ingestel is, maar dit moes gister­middag nog bevestig word ná ondersoeke ter plaatse.

Ter versagting is gister uit die geledere van die noodwerkers aangevoer die eintlike toestroming van kampeerders word eers oor die naweek van 9 en 10 Desember verwag. Vroeëre aankondigings deur NWR was dat die kampe op 1 Desember gereed sou wees.

Dit maak van uitstel tot 8 Desember geleende tyd.

Die noodoperasie is ingestel ná 'n katgeveg op die sosiale media tussen verteenwoordigers van toerisme-­instansies en manne van die NWR.

Die fluitjie oor die onklaar kampe is aanvanklik deur toerinstansies geblaas.

Beweringe van haglike toestande is met foto's gestaaf.

Ná 'n eerste ondersoek deur die NWR is die beswaardes van kwaad­willigheid beskuldig. Toe is weer beweer dat die NWR-ondersoek nie verder as die kantoorkompleks van Jakkalsputz gestrek het nie.

Daar klink en blink dit met onder meer 'n reklamebord vir 'n ligte koeldranksoort. Toe is die NWR daarop gewys dat die kantoorgebied nie die plek vir kampeerders is nie.

Hulle is op staanplekke op die bank aangewese en dis waar feitlik niks gedoen was nie.

'n Onafhanklike waarnemer is toe na Jakkalsputz gestuur en sy bevinding het die onleefbare toestande gestaaf.

“Wie lieg nou vir wie?” Só is met die aanwending van die sosiale media gevra. Ewe gou as wat die vraag verskyn het, is dit weer ­verwyder. Toe het die onderskeie partye ­toenadering begin soek en het die noodplan vorm aangeneem.

Woensdag was 'n algemene verwagting dat die genoemde drie kampe teen 1 Desember ten dele leefbaar gaan wees en dat alles teen 8 ­Desember gereed behoort te wees wanneer die groot vakansiestroom uit die binneland verwag word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097