Registreer dié naweek vir SA verkiesing
Suid-Afrikaners in Namibië kan Saterdag en Sondag by die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat in Windhoek vir dié buurland se verkiesing gaan registreer.
Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing, die sesde een sedert die einde van apartheid in 1994, vind in Mei vanjaar plaas. Die presiese datum moet nog deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig word.
Verteenwoordigers vir die parlement en provinsiale wetgewers sal verkies word.
Registrasie kan op hierdie twee dae van 07:00 tot 17:00 gedoen word. Voornemende kiesers moet ‘n Suid-Afrikaanse burger van 18 jaar en ouer wees, en moet in besit wees van ‘n geldige Suid-Afrikaanse ID en paspoort.
Mense wat nie dié naweek kan gaan registreer nie, kan dit in die week gedurende kantoorure by die hoëkommissariaat gaan doen.
Die verkiesingskommissie in die buurland het vroeër bekend gemaak daar is tans 26,1 miljoen geregistreerde kiesers op Suid-Afrika se algemene verkiesingsrol.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie