Registrasietyd verleng

Unam en Namcol gee grasie

31 January 2018 | Onderwys
Augetto Graig



Hoër onderwysinstansies is tans besig met registrasies vir die 2018- akademiese jaar.

Die Universiteit van Namibië (Unam) het sy sperdatum vir registrasie tot 2 Februarie verleng.

Dié week het Namcol ook aangekondig spesiale aansoeke en registrasie sal op 6 Februarie voortgaan vanweë die groot aanvraag.

Albei instansies vereis die voorafbetaling van registrasiefooie en 'n 50%-deposito op studiefooie.

Namcol kan nog 100 eerstejaarstudente in vroeë kinderontwikkeling akkommodeer, en 120 in voor­skoolse opvoeding.

Daar is ook nog plek vir studente wat 'n diploma in jeugontwikkeling wil voltooi, of 'n sertifikaat in opvoeding vir ontwikkeling, besigheid en entrepreneurskap, of plaas­like regeringstudies wil verwerf.

Namcol kan ook nog 20 studente akkommodeer vir studies in kuns vir jeugontwikkeling in voorbereiding op 'n Baccalaureus-graad.

Namcol se registrasiefooi vir laat registrasies is N$200.

Die universiteit het klem daarop gelê dat alle studente tans kan registreer al is hul kostes nog nie gedek nie.

Dié geleentheid strek tot 9 Februarie wanneer die registrasiefooi van N$2 000 en die helfte van studiefooie betaal moet wees.

Mnr. Simon Namesho, Unam-woordvoerder, het kommentaar gelewer oor laat registrasies wat vanjaar vir 7 tot 9 Februarie geskeduleer is.

Laat registrasie behels dat studente 'n laaste kans gegun word om aan te sluit by dié kursusse wat nog studente kan akkommodeer.

Diegene wat dan teen volgende Woensdag betaal het wat verskuldig is, kan nog deel van die universiteitsbevolking word.

Studente wie se status by Unam tans hangend is, of wat afgekeur is, of wat nie skriftelike aanvaardingsbriewe ontvang het nie, kan dan ook weer probeer, sê Namesho.

Hy sê tot dusver het sowat 12 300 studente reeds vir die 2018- akademiese jaar geregistreer.

Dit is sowat die helfte van die verwagte aantal studente, wat wissel tussen 24 000 en 25 000.

Verlede jaar het 24 759 studente aan Unam gestudeer.

In terme van die betaling van fooie, veral wat begunstigdes van die Nasionale Hulpfonds vir Studente (NSFAF) betref, sê Namesho die universiteit het tot dusver geen amptelike kommunikasie hieroor ontvang nie.

Afgesien van navrae toe die registrasieproses afgeskop het, is nog geen opdrag van die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing ontvang nie.

NSFAF-studente, en veral dié wat reeds in verbinding met die hulpfonds getree het, sal bly wees om te hoor die universiteit het wel 'n ooreenkoms met die fonds aangegaan.

Hierdie studente kan vanjaar voortgaan met registrasie en kan klasse van die begin van die akademiese jaar af, op 5 Februarie, bywoon sonder om 'n sent uit hul eie sak te betaal.

Unam se ooreenkoms met die NSFAF beteken studente hoef aanvanklik nie vir onderrig-, registrasie- en koshuisfooie te betaal nie.

Namesho sê die universiteit is dankbaar teenoor die hulpfonds vir hul ondersteuning van studente.

Ongelukkig bly die prentjie vir eerstejaarstudente onveranderd en kommerwekkend vir studente wat nie reeds ander finansieringsplanne het nie.

Namesho voeg by NSFAF-erkenningsbriewe is nie 'n waarborg van die hulpfonds se ondersteuning nie, en kan dus nie by registrasie gebruik word nie, sê Namesho.

Soortgelyk

 

Moord-selfmoord ruk Oshakati

2 ure gelede | Misdaad

‘n Moorddossier is op Oshakati geopen nadat ‘n man na bewering eers sy vrou en toe daarna homself in die Ehenye-nedersetting op die dorp geskiet...

Vier sterf in grubotsing

3 ure gelede | Ongelukke

Vier mense is gisteraand in 'n grubotsing op die pad tussen Okahandja en Karibib dood. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao....

Resessie klou verbete

13 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

13 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

13 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

13 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

13 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

13 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...