Registrasie van lughawens, vliegvelde op koers
Registrasie van lughawens, vliegvelde op koers

Registrasie van lughawens, vliegvelde op koers

Konsultasies begin binnekort oor die voorgeskrewe regulasies vir die registrasie van lughawens, vliegvelde en landingstroke.
Frank Steffen
Frank Steffen – Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) is vasbeslote om alle lughawens en private vliegvelde en landingstroke ten die einde van die jaar in ooreenstemming met die regulasies van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) te registreer.

Dit is nodig om die voortgesette gebruik daarvan te verseker.

Eienaars van vliegvelde wat nie die infrastruktuur opgradeer soos deur die reëls en regulasies vereis word nie, sal dan waarskynlik nie toegelaat word om vliegtuie daar te laat land nie.

Volgens mnr. Reinhard Gärtner, adjunkvoorsitter van die NCAA se direksie, beskik Namibië oor 12 lughawens en meer as 300 vliegvelde en landingstroke wat in private besit is, of deur kleiner dorpe en nedersettings bedryf word.

Agt van die 12 lughawens behoort aan die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC) en sluit die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Eros-lughawe en die lughawens by Walvisbaai, Ondangwa, Katima Mulilo, Rundu, Keetmanshoop en Lüderitz in. Die ander vier word deur die staat bedryf, soos die een by Grootfontein wat deur die weermag beheer word, sê Gärtner.

Die lughawens en vliegvelde word in vyf kategorieë verdeel, verduidelik hy. Die operateurs en eienaars van al hierdie lughawens en vliegvelde moet die infrastruktuur aanpas en opgradeer soos die regulasies vereis. Die bepalings en voorwaardes verskil van kategorie tot kategorie, en die infrastruktuur moet aan bepaalde standaarde voldoen.

“Konsultasie met die lugvaartbedryf sal op die laatste in Junie vanjaar begin. Die publikasie van die voorneme om die regulasies te promulgeer, sal in September of Oktober in die Staatskoerant gepubliseer word, met ‘n kennisgewingstydperk van 30 dae,” sê Gärtner.

“Indien dit nodig is, kan die inwerkingtreding van 1 Januarie 2020 tot ‘n latere datum uitgestel word.”

Dit kos N$20 000 om internasionale lughawens te registreer, terwyl die eienaars van binnelandse lughawens N$5 000 moet betaal. Die hernuwing van ‘n bestaande registrasie kos N2 300, sê hy.

“Persoonlik twyfel ek of al die operateurs in staat sal wees om teen die einde van die jaar aan al die regulasies te voldoen, maar die wetgewing gaan heel moontlik teen die einde van die jaar goedgekeur word. Ná die konsultasies sal ons moet besluit wat word as ‘n redelike tydperk beskou vir die operateurs van die vliegvelde om die opgraderings te doen,” meen Gärtner.

Operateurs wat deur die veranderinge geraak word, kan afskrifte van die konsepvoorwaardes by die NCAA aanvra, of hulle kan dit aanlyn op die webtuiste van dié owerheid onder “Namcars 2019” bekom.

Hy het voorts daarop gewys dat baie van die personeel van die direktoraat burgerlugvaart in die ministerie van werke en vervoer tans in die NCAA opgeneem word en opleiding ondergaan.

Gärtner is vol vertroue dat daar uiteindelik genoeg personeel sal wees om die registrasies en die uitreiking van lisensies aan die operateurs te behartig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!