Regeringsmagte lê beslag op voorraad

Nie veel van die skietstilstand oor nie

07 March 2018 | Internasionaal
Mediese noodvoorraad bereik nie die geteisterde oostelike dele van Ghoeta buite Damas­kus, die Siriese hoofstad, nie, berig Sky News. Ghoeta is die naam van die oase wat aan die suide en ooste van Damaskus voorkom.

'n Konvooi met humanitêre voorraad wat Maandag die beleërde woonbuurte onder rebellebeheer bereik het, se traumavoorraad, insulien, chirurgiese instrumente en dialisetoestelle is deur Siriese regeringsmagte afgeneem.

Meer as 'n derde van die gebied is nou onder die beheer van die Siriese regering. Die oostelike deel van Ghoeta word reeds weke lank deur die Siriese regeringsmagte gebombardeer.



skietstilstand

'n Skietstilstand is deur die ­Verenigde Nasies bewerkstellig sodat hulp­verleningsorganisasies noodvoorraad by die dorp Dhoema kon aflewer en burgerlikes toegelaat kon word om die stad te verlaat.

Volgens die Verengde Nasies is daar kos vir ongeveer 27 500 mense in die konvooie. Altesame 46 voertuie kon Maandag vir die eerste keer dorpe en stede in die omgewing bereik.

Minstens 719 mense, meestal kinders, het sedert middel ­Februarie in die geweld omgekom. In lug­aanvalle Sondagnag alleen is 14 ­burgerlikes dood, berig die BBC.

Volgens die Siriese Burgerlike ­Beskerming, ook bekend as die Wit Helms, 'n groep vrywilligers wat help om burgerlikes onder puin uit te grawe ná bombarderings en met hulle na mediese geriewe te haas, is 11 mense in die dorp Jisrin dood ­gedurende die Siriese regering se ­lugaanvalle. Sirië word deur Rusland gesteun in dié aanvalle.

Oostelike Ghoeta is oos van Damaskus geleë en huisves sowat 400 000 mense. Die rebelle-enklave word reeds sedert 2013 deur regerings­magte aan aanvalle onderwerp, maar die afgelope twee weke se aanvalle, met aansprake dat chemiese oorlogvoering deur pres. Basjar al-­Assad op sy eie mense gebruik word, het in ­intensiteit toegeneem, berig Al-­Jazeera. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Studie-debakel vir Namibiërs in Zambië

16 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is deur die Namibiese hoë kommissariaat in Zambië gewaarsku dat twee universiteite in dié buurland waar 91 Namibiese...

Meatco heroorweeg BTW-besluit

16 ure gelede | Landbou

Nuus van Meatco se herinstelling van die betaling van 15% BTW (belasting op toegevoegde waarde) op alle beestransaksies by die abattoir, is deur die NLU...

Slaggate teen einde Julie herstel

16 ure gelede | Infrastruktuur

Die munisipaliteit van Windhoek verwag dat alle slaggate van die hoofstad se paaie teen einde Julie herstel sal wees. Die woordvoerder van die munisipaliteit, me....

Onderwyseres ‘ontvoer’ skoolmeisie glo vir seks

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Onderwyseres van ’n hoërskool in die Suide het gister in die hof verskyn op aanklagte dat sy glo ’n skoolmeisie ontvoer...

Sokkerkoors loop hoog!

1 dag gelede | In beeld

Die opening van 2018 se Wêreldbekersokkertoernooi het gister by die Luzhniki-stadion in Moskou plaasgevind. Nagenoeg 80 000 sokkerliefhebbers het die seremonie bygewoon en die immerbekende...

Vakbond, regering stamp kop oor huishulpe

1 dag gelede | Arbeid

Augetto Graig – Die permanente sekretaris in die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, sê daar steek geen waarheid in die Namibiese...

Vaarwel aan Daantjie Louw

1 dag gelede | Mense

Tielman van Lill - “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas . . . ”Só is die woorde van die...

Netumbo by slenters betrek

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Slenters doen tans die ronde waarby die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, betrek...

Weer vir 15 Junie 2018

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: ‘n Koue front en buie word in die ||Kharasstreek en suidelik kus verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met enkele...