Regering vs. versekeraars

11 September 2018 | Menings
Verskeie sleutelbeginsels is op die spel in die saak waarin die ministerie van finansies en Namibre, die staat se herversekeringsmaatskappy, verskeie versekeringsmaatskappy hof toe gesleep het.

Gister het Republikein in meer diepte oor die twee kante van die saak berig.

Die regering eis versekeraars moet 12,5% van alle polisse met 'n waarde van meer as N$100 000 aan Namibre sedeer. Namibre moet ook 20% van herversekeringskontrakte ontvang. Uitspraak is nog nie gelewer oor die bedryf se grondwetlike aanslag op die betrokke wetgewing en regulasies nie.

Vir versekeraars gaan dit om kwessies soos sakevryheid, redelike perke op private maat­skappye en winsgewendheid. Die regering wil in die proses meer kapitaal in die land hou.

Oorbelasting is volgens die bedryf 'n kwessie, hoewel ­Namibre ontken die voorgeskrewe sedering is 'n “belasting”. In die algemeen word private besighede reeds aan uiters hoë belastings onderwerp.

Die staatsonderneming sê ook polishouers sal nie negatief geraak word nie, en nie polishouers of versekeraars sal volgens Namibre aan bykomende risiko's blootgestel word nie.

Volgens versekeraars weier Namibre om sekere herversekering op te neem wat reeds aangebied word en sal die staatsonderneming in elk geval ook herversekering in die buiteland moet uitneem.

Alle Namibiërs het belang by die uitkoms van hierdie regsgeding. Volgende week se verwagte uitspraak in die regering se dringende aansoek kan rigtingbepalend wees.



So sê ander

10 September 2018



Die Burger sê



Wat moet 'n mens dink van die nuus oor 'n groep hooggeplaaste ­amptenare in die Withuis wat vlytig werk om pres. Donald Trump se ­waggelende koers te neutraliseer?

In enige gewone demokrasie sou só iets totaal onhoudbaar wees.

Amptenare is daar om die wettig verkose regering se beleid uit te voer en basta.

As iemand voel hy/sy kan daardie beleid nie met sy/haar gewete vereenselwig nie, en die persoon kan nie die beleid deur die gewone kanale ­gewysig kry nie, moet hy/sy die eerbare weg volg en bedank.

Ofskoon die amptenare se “sabotasie” in beginsel afgekeur moet word, lyk dit asof hulle desperaat is om hul land (en die wêreld) van 'n ramp te red. As sodanig moet daar begrip vir hulle wees. Tog was die artikel 'n yslike risiko.

Dit kan 'n gefrustreerde Trump tot nog erger dade dryf. En dan het die artikelskrywer sy land en die wêreld 'n groot onguns bewys.

• DIE BURGER (NETWERK24)

Soortgelyk

 

Net ál nouer om Rooies

10 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting - ’n Maand nadat Republikein onthul het die aanklaer-generaal het gelas die oudlanddros mnr. Rooies Mostert moet vervolg word, het die Teenkorrupsiekommissie (ACC)...

Brand verwoes 9 kamers op Koedoeberg

10 ure gelede | Ongelukke

Henriette Lamprecht – Die Koedoeberg-gasteplaas se hoofgebou en wat onder meer die ontvangsarea, kombuis, kroeg en lapa gehuisves het, is Woensdagaand in ’n brand verwoes....

Weer vir 18 September 2018

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande word in die noordelike streke verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en baie warm wees,...

Ma en seun vandag weer voor hof

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting'n Tienerseun is gistermiddag in die sorg van sy ma vrygelaat.Dít kom nadat dié 45-jarige ma gister op borgtog van N$1 500 vrygelaat is.Ma...

Man van halfmiljoen se items beroof

10 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause Vyf gewapende mans het 'n man by sy huis in die hoofstad beroof en met items ter waarde van 'n halfmiljoen Namibiese dollar...

Walvis vrek ná reddingspoging

10 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - ’n Gestrande jong Antarktiese minkewalvis (Balaenoptera bonaerensis) is verlede Woensdag in Grosse Bucht by Lüderitz ontdek.Dié voorval is by mnr. JP Roux,...

Hoë bydraes beperk toegang tot gesondheidsorg

10 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Die impak van groot jaarlikse toenames in bydraes, saam met die groot styging in uitgawes vir lede se eie onkoste, het ‘n...

Namibië se erfenis dié week gevier

10 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Vandeesweek word Erfenisweek oraloor die land gevier met die tema “Turuganeni Kumwe”, wat in Rukwangali “Kom ons werk saam” beteken. Volgens die...

Program vir grondgesprek bekend gemaak

10 ure gelede | Ministeries

Augetto GraigDie tweede nasionale grondkonferensie is om die draai. As alles volgens plan verloop, sal dit van 1 tot 5 Oktober by die Safari Hotel...