Regering 'trek niu00e9 Chinese voor'
Regering 'trek niu00e9 Chinese voor'

Regering 'trek nié Chinese voor'

'n Minister en adjunkminister het in die Nasionale Vergadering ten sterkste ontken dat Chinese burgers voorkeurbehandeling kry.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Ministers het vandeesweek in die Nasionale Vergadering (NV) wal gegooi teen beweringe dat die regering hom blind hou vir die manier waarop werkspermitte aan Chinese werkers, veral dié in die konstruksiebedryf, toegeken word.

Die adjunkminister van binnelandse­ sake en immigrasie, mnr. Erastus Uutoni, het Dinsdag daarop gewys dat 'n immigrasiekeurraad besluit oor die toeken van werks- en verblyfpermitte.­

Die keurraad bestaan uit verteenwoordigers van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, die kantoor van die president en die ministeries van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling; veiligheid en sekuriteit; arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping; hoër onderwys, opleiding en vernuwing asook justisie.

Hy het verduidelik dat 'n sekretariaat in die ministerie aansoeke vir visums en permitte voorberei en aan die keurraad voorlê.

“Daar is 'n wanopvatting dat die keurraad permitte aan semikundige­ buitelanders toestaan.

“Dit kan gebeur weens wanvoorstellings van feite omdat individuele aansoekers nie self voor die keurraad vir ondervraging verskyn nie.

Gevolglik gaan die keurraad bloot in op die feite wat voorgelê word,” het Uutoni gesê.

Op sy beurt het die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Erkki Nghimtina, gesê 'n ondersoek na die konstruksiebedryf het aan die lig gebring dat sommige konstruksiemaatskappye, insluitende maatskappye van Chinese, Duitse, Namibiese en Suid-Afrikaanse oorsprong of gesamentlike ondernemings, nie aan die bepalings van arbeidswetgewing voldoen nie, terwyl ander dit wel doen.

Hy het die voorbeeld genoem van 'n konstruksiemaatskappy in Chinese besit wat 'n inkoopsentrum op Rundu opgerig het. Tydens 'n ministersbesoek aan die bouterrein is ernstige­ skendinge van die wet aan die lig gebring. Die ministerie het 'n nakomingsbevel uitgereik en die kon­trakteur opdrag gegee om die werk te staak totdat aan die wet voldoen is.

Verlede jaar is 'n Chinese maatskappy wat die polisiehoofkantoor opgerig het, ook aangesê om werk te staak omdat skendings van die arbeidswet op die perseel onder die ministerie se aandag gekom het. Hy het ook daarop gewys dat 'n gesamentlike Namibies-Chinese onderneming vroeër die tender vir oprigting van 'n SME-sakenaaf op Omahenene verloor het omdat dit nie die toepaslike wette nagekom het nie.

Gevolglik, sê Nghimtina, dit is nie waar dat die regering nie teen Chinese oortreders optree nie.

Hy het daarop gewys dat die Arbeidswet van 2007 tans hersien word met die oog daarop om skuiwergate uit die weg te ruim en wysigings aan te bring.

Inspeksies vir die nakoming van beroepsgesondheid en veiligheid deur arbeidsinspekteurs van die ministerie word gereeld gedoen. Volgens Nghimtina is altesaam 973 inspeksies uitgevoer. In 173 gevalle is bevind dat die ondernemings behoorlik aan die bepalings van die wet voldoen; in 320 gevalle was dit gemiddeld en in 500 gevalle was dit swak.

Altesaam 2 380 inspeksies is na werksomstandighede gedoen. Hiervan het 1 689 goed aan die vereistes voldoen en 691 nie.

Nghimtima het nie gesê oor watter tydperk die inspeksies gedoen is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.15/OZ UP +0.16% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.73% | Zinc US$ 2 811.10/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 87.85/BBP DOWN -0.0055 | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.009 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.15/OZ UP +0.16% | Copper US$ 4.44/lb UP +0.73% | Zinc US$ 2 811.10/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 87.85/BBP DOWN -0.0055 | Platinum US$ 901.71/OZ DOWN -0.009