'Regering skuif mislukking op private sektor af'

23 April 2020 | Arbeid
Denver Kisting en Ronelle Rademeyer – Die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), mnr. Job Muniaro, het gistermiddag by navraag gesê hy is “heeltemal” ten gunste van die regulasies wat afgekondig is.

Volgens hom gebruik sommige werkgewers die Covid-19-pandemie as verskoning om van werknemers ontslae te word.

Muniaro meen talle werknemers moes reeds die afgelope jare vir lief neem met geen salarisverhogings vanweë die sukkelende ekonomie.

Derhalwe, sê hy, is dit onaanvaarbaar om werknemers óf uit diens te stel óf hul lone te verminder. “Die werknemers het reeds genoeg opgeoffer.”

’n Werknemer wat maandeliks ’n huis- en motorpaaiement moet betaal en vir sy gesin en uitgebreide familie moet sorg, sal nie met ’n verminderde loon kan oorleef nie, sê Muniaro. “Jy probeer nie jou maatskappy red nie, jy plant die sade vir burgeroorlog,” het hy gewaarsku. “Die regulasies kom nie uit die bloute nie. Dit is ’n manier om te sien hoe ons mekaar kan help om die situasie te hanteer. Sommige mense het begin om Covid-19 te misbruik om van hul werknemers ontslae te word. Covid-19 is nie ’n wet nie – dis ’n siekte.”

Mnr. Tim Parhouse, die oud-sekretaris-generaal van die Namibië Werkgewersfederasie (NEF), meen die regulasies is “uiters onredelik”.

Van sy eie familielede moes die afgelope ruk salarisbesnoeiings aanvaar sodat hulle hul werke kan behou, sê hy. Hy het begrip vir werknemers se frustrasies om met minder geld uit te kom, sê hy.

Die nakoming van gister se regulasies sal egter verreikende gevolge hê, maan hy. “Dit is totaal onmoontlik dat maatskappye aan die regulasies kan voldoen.”

Hy sê ofskoon die arbeidsministerie aanvoer hulle het wel met rolspelers beraadslaag, “het hulle nie regtig geluister na die private sektor nie en die aangeleentheid deurdink nie.”

Maatskappye kan nét kop bo water probeer hou as hulle hul kostes verminder, sê Parkhouse. “Hoewel selfs die NEF gesê het afleggings moet die laaste oorweging wees, is dit onvermydelik.”

Oor Muniaro se waarskuwing oor ’n burgeroorlog, sê Parkhouse: “Dít is die tipe stelling wat ons nie tans nodig het nie. Werkgewers – veral kleiner besighede – het nie die reserwes om salarisse onbepaald te befonds nie.”

Mnr. Eben de Klerk, eienaar van ISG Risk Services, sê die regering verstaan nie hoe werk besigheid nie. "Hy kondig beleide en regulasies aan wat besighede seermaak. Jy kan nie regulasies uitvaardig wat ondernemings in die private sektor se ondergang beteken nie. Wie gaan pa staan vir die ekonomiese skade wat die land ly?

"Ons bly nie in kommunistiese land nie. Die regering is nou besig om sy mislukking op die private sektor af te skuif, terwyl hy geen opoffering nog van sy kant af gemaak het nie," sê De Klerk.
- [email protected]
- [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...