Regering sê oor Otjomuise-ontwikkeling
Die regering sê dit hou nie mense uit die nuutgeboude en skynbaar voltooide wooneenhede in Otjomuise uitbreiding 10 nie. Die rede waarom niemand nog daarin woon nie, is glo omdat dit nog nie aan munisipale dienste soos die elektrisiteit, riool- en waternetwerk gekoppel is nie.
Die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling se uitvoerende hoof, mnr. Daniel Nghidinua, het gister 'n persverklaring uitgereik waarin hy erken verskeie uitdagings het ontstaan in verband met hierdie projek, wat tot die vertraging in die voltooing hiervan gelei het. Dit volg nadat mense in sosiale media vrae gevra het oor die huise wat skynbaar leeg staan.
Nghidinua sê enkelbehuising is aanvanklik die gebied beplan, maar die ontwikkelingsplanne wat eindelik aanvaar is, behels dat ‘n mengsel van wooneenhede-tipes gebou sal word. Dit beteken dat meer eenhede digter op mekaar gebou gaan word - iets waarvoor die
bestaande munisipale dienste nie voor ontwerp was nie,” het Nghidinua geskryf.
Nghidinua sê dit beteken dat die planne vir die woonbuurt se uitleg van voor af opgetrek moes word om die groot aantal en gemengde wooneenhede-tipes te huisves. Boonop beteken dit die munisipale dienste moet ook aangepas word.
“Om vertragings te voorkom is voorlopige goedkeuring gegee dat daar met die bou van huise begin kan word, terwyl die herbeplanning van die woonbuurt asook die aanpassing van munisipale dienste terselfdertyd plaasvind,” het Daniel gesê.
“Onder normale omstandighede word munisipale dienste aangelê vóór die huise gebou word.
“Die regering en ander betrokke partye doen alles moontlik om die proses te bespoedig sodat die projek voltooi kan word en die huise so gou as moontlik bewoon kan word."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie