Regering reg vir 2017
Regering reg vir 2017

Regering reg vir 2017

President sê hoës se beloftes moet nagekom word
Augetto Graig
Augetto Graig - Die grondkwessie word gebruik deur verskeie individue en groepe om “'n ontploffing van chaos,” te veroorsaak.

So het president Hage Geingob gister by die Staatshuis gesê toe hy sy kabinet vir vanjaar verwelkom het.

Met die opening van die Nasionale Vergadering later die dag, en laas week se amptelike opening van die regbank, is aldrie organe van die regering nou op die been vir 2017.

By die geleentheid het Geingob die onrus oor die grondkwessie en die groeiende spanning tussen verskillende rasgroepe in Namibië bespreek.

Hy het belangrike besluitnemers aangemoedig om te waak teen stamgebondenheid.

“Soos ek al in die verlede gesê het, dit is moeilik om ons goedbestuurde regeringsargitektuur op te bou, maar maklik om af te breek.”

Geingob het almal daaraan herinner dat hy met die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, die vise­president dr. Nickey Iyambo, en eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, gepraat het voor hy opdrag gegee het om die nuwe wet vir grondhervorming uit te stel, hangende nasionale gesprek daaroor.

“Ons moet die grondkwessie met die grootste opregtheid en duidelikheid benader,” het hy gesê.

Die kwessie van grond en stam is laat in 2016 op die voorgrond geskuif ná die voormalige adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernadus Swartbooi, by 'n openbare geleentheid gesê het sekere stamme word deur hervestiging voorgetrek ten koste van ander.

Sedertdien het verskeie groepe hul eise vir voorvaderlike grond laat hoor, insluitend die Beweging van Grondlose­ Mense, wat gister by die Zoo Park in die hoofstad 'n optog gehou het.

“Ek het by verskeie geleenthede gesê dit is nie verkeerd om aan 'n stam te behoort nie,” het Geingob gesê.

“Ons stamme is deel van ons genealogie en Afrika-erfenis, en ons moet trots wees op wie ons is. Maar kom ons vermy net die toevoeging van die '-isme' aan die einde van die woord 'ras'.

Ons moet nooit vergeet dat die Namibiese Huis, wat ons tans bou op die hoekstene van demokrasie, eenheid, die oppergesag van die reg, vrede en stabiliteit, 'n huis van inklusiwiteit en pluralisme is nie,” het die president gesê.

“Daar is geen separatisme in die Namibiese Huis nie. Dit is 'n huis wat oop is vir alle inwoners. Dit is 'n huis waarin alle Namibiërs verenig is deur die behoefte vir ekonomiese emansipasie en inklusiewe ekonomiese ontwikkeling.”

Die kabinet moet seker maak hulle bespreek die grondkwessie volledig en dat hulle met konkrete voorstelle vorendag kom, het hy gesê.

“Laat dié wat voorgee hulle vergader oor voorvaderlike grond, voorstelle maak wat binne die konteks van 'n verenigde, vrye en versoende Namibië aanvaarbaar is,” sê hy.

Geingob het gewaarsku teen die voorbeelde van Libië en Irak waar mense ordelike stelsels ontwrig het, in die hoop op beter stelsels.

“Vandag bly albei dié lande vasgevang in etniese konflik en oorlog wat gelei het tot gebroke samelewings,” sê hy.

President Geingob het ook erken dat 2016 'n moeilike jaar was, veral in terme van die ekonomie.

Dit, gekoppel met droogte, lei tot finansiële winde van vooraf, sê hy.

“Nogtans word daar van ons verwag om ons beloftes, soos gemaak in Swapo se verkiesingsmanifes, in ons nasionale ontwikkelingsplanne, en in die Harambee-welvaartsplan na te kom. Ons sal aan daai beloftes voldoen,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!