Regering laat val nuwe 2%-bom

23 July 2019 | Regering
Denver Kisting



Namibiërs vaar opnuut uit alle oorde uit teen die regering se versoek om finansiële hulp.

Dit het die afgelope Vrydag rugbaar geword die regering wil nou selfs meer as die aanvanklike 2% van een maand van alle werkers se basiese salaris hê.

Luidens 'n brief van dr. George Simataa, die kabinetsekretaris, wil die regering nou 2% van die jaarlikse inkomste van álmal hê.

Simataa beklemtoon weer eens die bydrae is vrywillig en stip opsies uit oor hoe Namibiërs hul deel kan doen.

Onder meer kan Namibiërs wat die versoek gunstig ontvang, 2% van een jaar se basieses besoldiging eenmalig betaal, lui die omsendbrief.

Die hulp word glo volgens die jongste pleidooi vir die voortslepende droogte geoormerk.

Aanvanklik sou die 2% vir die droogte en vir jeug- en ondernemingsontwikkeling aangewend word.

Die regering het hom die afgelope paar maande die gramskap van baie Namibiërs op die hals gehaal met sy versoek aan werkers om 2% van een maand se salaris te skenk.

Voor die regering nie sy huis in orde kry nie, kan hy vergeet van enige ­skenkings, sê sommige inwoners.

Dit gons veral in die sosiale media oor die jongste wending.

Een volgeling op Republikein se ­Facebook-blad sê die regering kan hul versoek om hulp op hul mae skryf. “Ek boer. So, ek sal sommer my 2% terugploeg in my eie droogtegeteisterde diere en mensies wat saam met ons op die plaas is, wat nie veel gaan wees nie.

“Aangesien die Suide al vyf jaar plus droogte beleef, is die finansies/inkomste net so skraal soos ons diere,” sê die boere.

'n Ander gebruiker spreek haar skok uit oor die veranderde versoek: “Nou het dit sommer al 2% van jou jaarlikse basiese inkomste geraak – nie net 'n maand s'n nie. . . belaglik.”

Volgens 'n ander leser is 'n staking deur staatsamptenare op hande. “Hierdie is als propaganda om 'n punt te bewys. Staatsamp­tenare het drie jaar laas 'n verhoging gehad terwyl als nog net opgegaan het. Nou wil die regering nog medies met 100% laat opgaan.

“Onderwysers gaan staak wanneer dit die seerste maak – eindeksamens.”

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...