Regering kondig droogtehulp van N$573 miljoen aan
Ronelle Rademeyer - Die kabinet het vir die 2019-'20 finansiële jaar "omvattende droogtehulp-ingryping" van N$572 700 000 goedgekeur.
Dié aankondiging is vanoggend deur die minister van inligting en kommunikasietegnologie aan joernaliste bekend gemaak tydens 'n oorsig oor kabinetsbesluite wat geneem is.
Die hulp behels voedselbystand, die verskaffing van watertenkwaens vir waterlewering, aanmoedingshulp vir lewendehawebestuur, vervoersubsidies na en van weidingsgebiede en vir die vervoer van veevoer, die huur van noodweiding, lekaanvullings en ook subsidies om kernkuddes te kan voer.
Graanproduksente sal ook subsidies ontvang.
Die kabinet het 'n beroep op regeringsinstellings en ministeries soos verdediging en gesondheid en maatskaplike dienste gedoen om fasiliteite beskikbaar te stel en bystand te verleen met die implementering van die droogtehulp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie