Regering eis miljoene nu00e1 behuisingsflop
Regering eis miljoene nu00e1 behuisingsflop

Regering eis miljoene ná behuisingsflop

Volgens die regering het die broers Nelson en Thobias Akwenye bedrog gepleeg deur nie die laekostehuise te voltooi wat met geld uit die staatskas gebou is nie.
Ronelle Rademeyer
Marc Springer

Die omstrede massabehuisingsprojek op Swakopmund is opnuut in die hoërhof onder die vergrootglas.

Dié keer staar die maatskappy wat daarvan beskuldig word dat hy nie die kontrak eerbiedig het om 505 laekostehuise te bou nie, ’n verstekvonnis in die gesig.

Dié aansoek voor regter Eileen Rakow is gister tot 14 Julie uitgestel. Teen dan moet die regspan van die verweerders redes aanvoer waarom ‘n vonnis by verstek nie teen Ferusa Capital Financing Partners CC, wat aan die broers Nelson en Thobias Akwenye behoort, toegestaan moet word nie. Hulle het in gebreke gebly om binne die neergelegte tyd pleitstukke by die hof in te dien.

Die regering en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling eis N$28 miljoen van Ferusa Capital vir kontrakbreuk. Hulle voer in die besonderhede van die eis aan die verweerders het die terme van die kontrak wat op 14 Mei 2014 gesluit is, verbreek deur subkontrakteursooreenkomste vir die bou van die huise met Desert Paving and Construction CC en New Era Investments (Pty) Ltd te sluit.

Die eisers voer ook aan dié subkontrakteurs het nie die werk gedoen volgens die terme en voorwaardes wat in die oorspronklike kontrak uitgestippel is nie. Dit het meegebring dat baie van die huise nie voltooi is nie en leeg staan. Dié huise het intussen onder plunderaars deurgeloop en is deur die weer verniel.

Die eisers sê N$87,6 miljoen se belastinggeld het tot nou toe na dié projek gevloei, sonder dat dit voltooi is. Dít, voer hulle aan, is die gevolg van die Akwenyes se wanvoorstelling dat hulle oor die vermoë beskik om die huise te bou.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle nie die nodige bystand tydens die konstruksie verleen het sodat die bouwerk voltooi kon word nie.

Die regering en die ministerie sê Ferusa Capital en/of die broers Akwenye het geld ontvang en versuim om ingevolge die ooreenkoms voltooide huise in ruil daarvoor aan die regering te oorhandig.

As gevolg daarvan het die regering en die ministerie skade van N$28 miljoen gely. Ingesluit hierby is die koste vir skade aan die huise, kontraktuele boetes, sekuriteitsdienste vir die oppas van die onvoltooide huise en die professionele fooie wat in die toekoms betaal sal moet word omdat die kontrakteur nie sy deel van die ooreenkoms nagekom het nie.

Die eisers beskryf Ferusa Capital se optrede as bedrog en sê die regering se geld is onwettig en in teenstelling met die kontrakvoorwaardes gebruik.

Verder beskuldig die eisers die verweerders daarvan hulle “was bewus van die onregmatigheid van hul optrede en hulle was bewus daarvan dat eisers skade sou ly as gevolg van hul mislukking en optrede”.

Die regering en die ministerie voel ook die Akwenyes moet in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word vir die skade, sou die dormante beslote korporasie ontbind word.

Die ontvoltooide huise staan reeds vir langer as ses jaar leeg nadat die subkontrakteurs die werk gestaak het omdat Ferusa Capital hulle glo nie betaal het nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!