Regering buig knie: Nóg N$20 miljoen vir NBC
Die regering het ingestem om salarisverhogings aan NBC-werknemers te betaal. Dié 6%-verhogings sal vir 18 maande terugwerkend betaal word en van maandeinde sal basiese salarisse ook met 6% verhoog.
Dit gaan die regering N$20 miljoen uit die sak jaag waarvoor nie begroot is nie.
Die regering het bes gegee nadat die NBC sedert Vrydagoggend alle radio- en televisie-uitsendings gestaak het en die lewendige uitsending van die grondkonferensie vanoggend geboikot het. Werknemers het vanoggend ook die direkteur-generaal van die NBC, mnr. Stanley Similo, in sy kantoor gyselaar gehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie