Regering bied inligtingsessies oor jongste waardasierol
Regering bied inligtingsessies oor jongste waardasierol

Regering bied inligtingsessies oor jongste waardasierol

Elvira Hattingh
Die ministerie van grondhervorming sê die voorlopige 2017-22 waardasierol vir kommersiële plase is voltooi.
Intussen word inligtingsessies sedert die afgelope Maandag op verskeie dorpe in die land gehou om grondeienaars in te lig oor die proses waarvolgens die grond se waarde bepaal is asook die metodologie wat gebruik is, voor die rol later vanjaar vir openbare inspeksie uitgesit sal word.
In ‘n advertensie wat in vandag se Republikein verskyn het, nooi die ministerie alle kommersiële boere wat plase in Namibië besit na hierdie sessies op onderskeie dorpe.
Die eerste sessies op Grootfontein en Tsumeb is egter reeds op Maandag en Dinsdag afgehandel, terwyl ‘n derde sessie vanoggend op Otjiworongo by die munisipale lesingsaal begin het.
Op Vrydag 22 Maart word nog ‘n sessie by Outjo Primêre Skool aangebied, waarna die uitreikprogram Maandag na Omaruru sal skuif. Dan kom Gobabis, Rehoboth en Aranos aan die beurt. Die laaste sessie vind op 15 April om 09:00 in die ministerie se ouditorium in Windhoek plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!