Redes vir Manyande se vertrek opgeklaar

Die Engelsman Robbie Joseph sal saam met Björn Kotzé die o.19-span se afrigterskap oorneem.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Krieket Namibië se ondersoek na klagtes oor sy “gedrag” is die rede dat Norbert Manyande se paaie ná tien jaar van die nasionale beheerliggaam geskei het.

Die onthulling is vandeesweek uiteindelik deur Krieket Namibië in 'n nuusvrystelling gemaak, in reaksie op koerantberigte oor die onderwerp wat deur 'n naamlose brief ontstaan het.

Manyande (37), 'n gebore Zimbabwiër, was verlede jaar die afrigter toe die Namibiese span die uitsonderlike prestasie behaal het om die kwarteindstryd van die o.19 Wêreldbekertoernooi te haal. Namibië se uiteindelike sewende plek was hoër as twee toetsspelende lande (Suid-Afrika en Zimbabwe) en die land het vir die eerste keer regstreeks vir die volgende wêreldtoernooi gekwalifiseer.

Vreemd genoeg was die span én die afrigter nie eens finaliste vir die jaarlikse Namibiese Sporttoekennings vir 2017 nie.

“Mnr. Manyande was 'n goeie dienaar vir Krieket Namibia en ons het groot waardering vir sy bydrae tot die ontwikkeling van die spel in ons land,” sê Krieket Namibië se uitvoerende hoof, dr. Donovan Zealand, in die nuusverklaring.

“Sy dienste is nie sommer net stopgesit nie. Hy ontvang steeds sy maandelikse salaris totdat 'n skeidingspakket tussen die twee partye bereik word, waarmee die onderhandelinge reeds gevorderd is.

“Ondanks mnr. Man­yande se prestasies in die afrigting van die nasionale junior span by die vorige o.19 Wêreldbeker, het Krieket Namibië ver­skeie klagtes met betrekking tot sy gedrag en sy menseverhoudinge met beide spelers en ouers ontvang.

“Professionele advies van ervare konsultante is verkry om die ongelukkigheid te probeer oplos. Die kwessies is ook in diepte deur ons raadslede bespreek en die advies is deeglik oorweeg. Eenparig is tot die besluit gekom dat dit in die beste belang van Krieket in die land sal wees indien mnr. Man­yande nie verder by die o.19-span se afrigting betrokke is nie.

“Gedurende Krieket Namibië se herstrukturering van sy afrigterspanne is besluit om die o.19's se afrigtersposisie nie te adverteer nie, omdat daar wel geskikte kandidate binne die huidige nasionale struktuur is wat die taak kan oorneem.

“Die herstrukturering van afrigters en ander personeel in enige sportorganisasie is onafwendbaar en normale prosedure. Die organisasie het die diskresie hieroor – uiteraard met die sport se beste belange op die hart. As administrateurs weet ons dat die bedryf van afrigting baie vloeibaar is en dat verandering voortdurend gebeur. Geen afrigter is dus onvervangbaar of in 'n lewenslange aanstelling nie,” het Zealand gesê.

Die nuusverklaring deur Krieket Namibië verskaf min besonderhede oor die aard van Manyande se beweerde wangedrag of gebrekkige menseverhoudinge wat hom sy werk gekos het.

Uit die binnekringe word egter verneem dat woordewisselings met die afrigter sommige spelers só ontstel het dat hulle hul krieketskoene wou ophang. Dit wil dus voorkom of Krieket Namibië genoegsame rede gehad het om die klagte te ondersoek wat uiteindelik tot dié bevinding gelei het.

Manyande, wat omtrent 'n dekade gelede by Krieket Namibië begin werk het en sy pad as afrigter vanaf die jonger ouderdomspanne opgewerk het, was in 'n stadium ook 'n hulpafrigter van die senior nasionale span. Sover verneem word, sal hy steeds as hoofafrigter van sy klubspan CCD Tigers aanbly.



NUWE REGIME

Die Namibiese o.19-span se afrigterskap is intussen deur Robbie Joseph en Björn Kotzé oorgeneem. Die twee het sowat 'n maand gelede 'n spelersgroep op 'n toer na Zimbabwe geneem, as deel van die opbou na die volgende Wêreldbekertoernooi wat in Januarie 2018 in Nieu-Seeland voorlê.

Joseph (35) is 'n Engelse burger wat in Antigua gebore is en wat in sy speeldae as snelbouler onder meer vir die graafskappe Kent en Leicestershire gespeel het.

Kotzé (38) het sedert sy tienerjare vir die Namibiese senior span as 'n snelbouler gespeel.

Mettertyd het hy ook in 'n al hoe meer vaardige kolwer ontwikkel, wat 163 nie uit nie teen Kanada in 'n Interkontinentale Beker vierdagwedstryd in Windhoek in 2007 aangeteken het.

Kotzé se loopbaan het onder meer die 2003 Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika ingesluit en hy het sy laaste eendagwedstryd vir Namibië in Januarie 2015 teen Uganda gespeel. Hy het in 2007 in die voetspore van sy ouer broer Deon gevolg deur die kaptein van die nasionale span te word. Hy was ook Krieket Namibië se speler van die jaar in 2007.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.66 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.69/OZ UP +0.14% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.90/T UP 1.43% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 903.58/OZ DOWN -0.0069 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.66 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.69/OZ UP +0.14% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.90/T UP 1.43% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 903.58/OZ DOWN -0.0069