Reddingsboei van N$500 m. vir paaie
Reddingsboei van N$500 m. vir paaie

Reddingsboei van N$500 m. vir paaie

Die regering staan pa vir ’n lening wat dit moontlik maak om padboukontrakteurs te betaal, asook rente en boetes van etlike miljoene per maand vry te spring.
Ronelle Rademeyer
Ogone Tlhage en Ronelle Rademeyer - Die Padfondsadministrasie (RFA) het tot die Paaieowerheid (RA) se redding gekom deur ’n regeringsgewaarborgde lening van N$500 miljoen met ’n plaaslike handelsbank aan te gaan om agterstallige betalings vir padbouprojekte te doen.

Dit beteken die konstruksiewerk kan hervat en die Namibiese belastingbetalers word die rente en boetes gespaar wat maandeliks miljoene Namibiese dollar beloop.

Die RA se hoof uitvoerende beampte, mnr. Conrad Lutombi, het Vrydag in Windhoek aan joernaliste erken dat dié owerheid padboukontrakteurs en konsultante sedert die einde van Januarie vanjaar N$500 miljoen skuld.

Hy het gesê die kwessie is Vrydagoggend tydens die vergadering tussen die dié owerheid, die ministerie van finansies en die RFA opgelos.

“Ons is in die proses om fakture te betaal. Ons het ’n oplossing gevind en die kontrakteurs sal Maandag (vandag) of Dinsdag hul werk hervat,” het Lutombi gesê.

Hy het bewering ontken dat die RA projekte aangegaan het sonder om die regte prosedures te volg.

“Daar is nie ’n regeringsprojek wat ons begin het, wat ons nie sal klaar maak nie. Die RA is ’n verantwoordelike organisasie en daar is geen manier dat ons nie sal betaal het,” het hy by ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê.

Mnr. Ali Ipinge, uitvoerende hoof van die RFA, sê dié fonds is twee weke gelede om hulp genader. “Ons is versoek om die regering halfpad te ontmoet. Ons moet regeringsinisiatiewe ondersteun waar ons kan,” het hy aan joernaliste gesê.

Volgens hom word die lening deur ’n regeringswaarborg gerugsteun. “Ons kan die regering help mits hy namens die RFA ’n waarborg uitreik.”

Volgens hom het die regering in die verlede sy verpligtinge nagekom in terme van lenings wat aangegaan is.

“Die regering het sy verpligtinge nagekom met vorige oortrokke fasiliteite wat toegestaan is. Ons is 100 persent seker die regering sal hierdie lening terugbetaal,” het Ipinge gesê.

Volgens hom sou die RFA Vrydagmiddag reeds N$250 miljoen vir die betalings van fakture oorbetaal het, met ’n betaling van ’n verdere n$250 miljoen wat deur die loop van hierdie week gemaak sal word.

Die volgende projekte het weens die staking van konstruksiewerk tot stilstand gekom:

· Deel 4 (a) van die snelweg tussen Windhoek en Okahandja wat strek van Döbra tot suid van die Osona-weermagbasis. Die Italiaanse maatskappy CMC doen die kontruksie in samewerking met Otesa, die padkonstruksiemaatskappy van mnr. Elmo Kaiyamo;

· Fase 1 van die nuwe pad tussen Walvisbaai en Swakopmund. Dié bouwerk word gesamentlik deur die vennootskap tussen die kontrakteurs Unik en Thoni gedoen;

· Deel 1 van die Swakopmund-Hentiesbaai-pad, waarvan die bouwerk deur Zhong Mei Engineering gedoen word;

· Die Isize-Namalubi-Luhononopad in die Zambezistreek waarvan die konstruksiewerk deur Nexus Civils gedoen word; asook

· Die 4 km-snelweg tussen Okatana en Oshakati.

Intussen het mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, gister by navraag gesê hy was nie Vrydag teenwoordig toe die RA, die RFA en die ministerie van finansies vergader het nie en is gevolglik nie op die hoogte van die besluite wat geneem is nie.

“Ek is uitstedig, maar die adjunkminister (mnr. James Sankwasa) en die uitvoerende direkteur (mnr. Willem Goeieman) was teenwoordig,” het hy gesê.

Hy het egter bevestig hy het die brief gesien waarin Lutombi verlede Maandag by Goeieman vir geld gepleit het om die kontrakteurs en konsultante te kan betaal.

Lutombi het die lynministerie daarin ingelig dat die gesamentlike daaglikse verliese wat die RA ly weens die rente en boetes wat die kontrakteurs hef, afhangend van die grootte van die projek oploop tot tussen N$15 miljoen en N$30 miljoen per projek per maand.

Die weekblad Confidénte het Donderdag berig die RA skuld die kontrakteurs nagenoeg N$98 miljoen.

Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, het teen druktyd nog nie gereageer op ’n navraag wat per WhatsApp aan hom gestuur is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46%