Redakteursforum veroordeel teistering van joernaliste
Redakteursforum veroordeel teistering van joernaliste

Redakteursforum veroordeel teistering van joernaliste

Ronelle Rademeyer
Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het sy teleurstelling uitgespreek oor die voorval verlede Vrydag toe twee joernaliste van die dagblad New Era glo deur die polisie geteister en geviktimiseer is.

'n Beroep is op die inspekteur-generaal van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gedoen om die voorval te ondersoek.

Die joernaliste, Josephine Mwashindange en Ester Noongo, was besig om verslag te doen op 'n ongelukstoneel toe die polisie hul kamera en selfoon afgeneem het in 'n poging om hulle te verhoed om hul werk te doen, sê die EFN in 'n verklaring.

“Afbrekende taal is ten aanhore van die publiek deur die polisie gebruik en hulle toerusting is gekonfiskeer omdat hulle nie hulself as joernaliste geïdentifiseer het nie.

“Sulke optrede deur die polisie maak onlangse vordering in die bevordering van vryheid van spraak en mediavryheid ongedaan,” sê Joseph Ailonga, voorsitter van die EFN.

In Mei het pres. Hage Geingob tydens 'n saamtrek vir Wêreldpersvryheidsdag gesê solank as wat hy staatshoof is, is die vryheid van die media gewaarborg.”

Hy sê dit is teen dié agtergrond dat die Redakteursforum “met uiterste ontsteltenis en verontwaardiging” die gedrag van die polisie teenoor die twee joernaliste veroordeel.

Ailonga sê dit is die werk van polisiebeamptes om burgers, insluitend ­joernaliste, te beskerm en hulle beskaaf en met respek te behandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!