Redakteursforum kap spioenasiediens oor muilbandsaak

16 April 2018 | Howe
Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het ‘n beroep op die Sentrale Intelligensiediens van Namibië (NCIS) gedoen om die aansoek vir ‘n dringende hofinterdik teen die weekblad, The Patriot, terug te trek.
Die aansoek waarin die spioenasiediens probeer keer dat inligting oor eiendomstransaksies, waaronder plase, gepubliseer word, dien Vrydag in die hof.
Die EFN sê in ‘n verklaring wat vanmiddag (Maandag) uitgereik is hy veroordeel die gebruik van drakoniese wetgewing uit die apartheidstyd om die media te muilband.
Die aansoek om hierdie weekblad en sy redakteur, mnr. Mathias Haufiku, te verbied om die berig te publiseer, is gevolge die Wet op die Beskerming van Inligting van 1982 gebring.
Die direkteur-generaal van die NCIS, mnr, Philemon Malima, het die aansoek Donderdag namens die spoeinasiediens en die regering ingedien, waarna dit tot Vrydag vir verhoor uitgestel is.
The Patriot het ingestem om in die tussentyd nie die inligting te publiseer nie.
Foto: Mnr. Joseph Ailonga, voorsitter van die EFN

Soortgelyk
Bejaarde erg getraumatiseer
19th of April 00:00 | Gesondheid
Rooies Mostert in eiendomsgeskil
19th of April 00:00 | Misdaad
Weer vir 19 April
19th of April 00:00 | Weer
Inbrekers steel derduisende by SKW
19th of April 00:00 | Misdaad
Piramideskema: Trio skuldig op 512 klagte
19th of April 00:00 | Howe
Oranjemund maak spiere vir toerisme
19th of April 00:00 | Gebeure
Skole, koshuise in 'toestand van verval'
19th of April 00:00 | Ministeries
PDM lê Sona-eier
19th of April 00:00 | Regering
Spensdeure klap oop oor kaas en kontreikos
19th of April 00:00 | Gebeure
Kleinadvertensies