ReconAfrica hou Dinsdag inligtingsessies in Windhoek
ReconAfrica hou Dinsdag inligtingsessies in Windhoek

ReconAfrica hou Dinsdag inligtingsessies in Windhoek

Francoise Steynberg
ReconAfrica sal op Dinsdag, 2 Februarie twee inligtingsessies oor hul seismiese operasies in die Kavangostreke by Hotel Thule in Windhoek aanbied.

Die inligtingsessies is deur die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) by ReconAfrica aangevra, het die uitvoerende hoof van die NCE, dr. Chris Brown, bevestig.

Slegs 50 persone word volgens die Covid-19-regulasies toegelaat om die die inligtingsessie by te woon en alle Covid-19-regulasies moet gevolg word.

Belangstellendes moet by Hotel Thule en ReconAfrica registreer en elke sessie sal twee ure duur wat die aanbieding, vrae en antwoorde sal insluit.

Registrasie vir die eerste inligtingsessie is om 08:00 waarna dit van 09:00 tot 11:00 sal plaasvind.

Registrasie vir die tweede inligtingsessie is vanaf 12:30 waarna die sessie van 13:30 tot 15:30 sal plaasvind.

Koffie, teen en verversings sal bedien word.

Belangstellendes kan hul name en organiasies en of hulle die oggend- of middagsenssie wil bywoon, voor Maandag, 1 Februarie na [email protected] e-pos.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!