Rebelle-leier gister in Juba terugverwag
Ná ’n weeklange vertraging is die Suid-Soedanese rebelle-leier, Riek Machar, uiteindelik gister in Juba terugverwag om hom by ’n regering van nasionale eenheid aan te sluit en ’n einde aan twee jaar se burgeroorlog te maak.
’n Verklaring van die rebelle sê Machar, wie as eerste vise-president van sy aardsvyand, pres. Salva Kiir, ingesweer sou word, is op 26 April in die hoofstad verwag.
Afhangende van die weer en vlugoperasies sou hy na verwagting om 11:00 GMT geland het.
Machar, wat reeds op 18 April sy opwagting in Juba moes maak ingevolge die vredesooreenkoms, sou na verwagting reguit van die lughawe na die presidensiële paleis gaan om ingesweer te word.
Sy vertraagde terugkeer het die internasionale gemeenskap woedend gemaak ná maande se onderhandelinge om die teenstaanders te oortuig om na dieselfde stad terug te kom en mag te deel in die wêreld se nuutste land.
Om te verseker dat hulle saamwerk in ’n eenheidsregering en dat duisende lede van regerings- en rebelle-magte hulle wapens neerlê, is die grootste uitdaging wat vir Suid-Soedan voorlê. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie