Reagan se skieter gaan hospitaal finaal verlaat
In net meer as ‘n week sal die enigste lewende man wat ‘n Amerikaanse president geskiet het, sy tasse pak en ‘n psigiatriese hospitaal in Washington die laaste keer verlaat.
John Hinckley jr. het reeds vir 17 dae per maand saam met sy 90-jarige ma in haar huis wat uitkyk op ‘n gholfbaan in Williamsburg, Virginia gewoon. Danksy ‘n regter se bevel Woensdag sal hy van so vroeg as 5 Augustus af voltyds daar woon.
Hinckley was 25 en het aan psigose en depressie gely toe hy pres. Ronald Reagan en drie ander mense op 30 Maart 1981 geskiet het. Hy is onskuldig bevind weens kranksinnigheid en is in die St. Elizabeths-hospitaal opgeneem.
Hinckley, nou 61, het grys hare en ly aan artritis en hoë bloeddruk. Hy geniet fotografie en om te skilder en sorg vir wilde katte. Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie