RCC-werkers hou vreedsame optog

Augetto Graig
Augetto Graig - Werknemers van die Paaiekon­trakteursmaatskappy (RCC) het die afgelope Vrydag deur Olympia se strate 'n optog na die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) gehou.

Die optog het vreedsaam onder die toesig van polisiebeamptes verloop.

Toe die sowat honderd werkers in die son moes staan en wag dat mnr. George Simataa, sekretaris van die kabinet, hul petisie namens president Hage Geingob aanvaar, het hulle wel hul onderliggende wanhopigheid uitgespreek.

“Ons soek ons geld! Vandag! Ons soek ons salarisse!” het 'n vrou geskree.

“Ons is honger!”

Na sowat 'n halfuur het Simataa sy verskyning gemaak en mnr. Gebhardo Timothus het die petisie namens die RCC-werkers aan hom oorhandig.

Timothus het as verteenwoordiger van die meer as 400 werkers, wie se toekoms duister lyk, die petisie voorgelees.

Die petisie is getiteld Petisie van ­gegriefde en uitgebuite RCC-werknemers.

In die petisie word die president versoek om aandag aan die werkers se ongelukkige omstandighede te skenk.

Die betaling van salarisse is reeds 'n geruime tyd vertraag. Volgens die petisie word betalings aan diensver­skaffers soos mediese fondse, behuising, pensioen en vakbondlidmaat­skap ook van werkers se salarisse afgetrek, maar nie aan derde partye oorbetaal nie.

Hul werksekerheid is voortdurend en onwettig in die gedrang, sê die werkers.

“Ons het meer as genoeg verdraag­saamheid getoon en die RCC se ­mislukkings vir 'n geruime tyd aanvaar. Ons kan dit nie meer duld nie,” het Timothus gesê.

Die betogers eis dat hul uitstaande salarisse vir Julie teen 18 Augustus betaal word.

Hulle eis ook dat hul salarisse, soos in hul werkskontrakte gestipuleer word, voortaan betyds betaal word.

Hulle dring daarop aan dat alle betalings aan derde partye teen die einde van Augustus gemaak is.

Die werkers versoek die president om 'n besluit oor die toekoms van die staatsonderneming te maak en dit openbaar te maak.

In die vervolg moet die Staatsdiensunie (PSUN) ook betrokke wees by enige onderhandelinge oor die RCC se toekoms, eis hulle.

Volgens die petisie gaan werkers van 19 Augustus af staak indien daar teen 18 Augustus nie aan hul eise voldoen is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!