RCC: Niks verkeerd met N$5 miljard-versoek
Die hoof van die staatsonderneming sê dit het net die finansieringsbehoeftes uitgestippel.
Catherine Sasman - Die hoof uitvoerende beampte van die Padkontrakteursmaatskappy (RCC), Tino! Hanabeb, sê daar is niks verkeerd met 'n voorstel aan private entiteite oor finansiering van die staatsonderneming se kapitale projekte nie.
Vrae het ontstaan oor die finansieringsversoek aan 'n obskure maatskappy, TN Investments, waarin !Hanabeb in April 2016 geskryf het dat die RCC N$5,237 miljard vir 'n aantal voorgestelde projekte nodig het.
Hy het verduidelik die meer as N$5 miljard word benodig vir werkende kapitaal (N$300 miljoen), N$440 miljoen vir die vervanging van 'n ou aanleg, N$161 miljoen vir die Gobabis-Aminuis-Aranos-pad van 245 kilometer; N$321 miljoen vir die 105 kilometer-pad tussen Khorixas en Kamanjab, N$225 miljoen vir instandhoudingsprojekte en N$90 miljoen vir 'n beplanningstelsel.
Die bedrag sluit ook N$800 miljoen in vir die konstruksie van 'n veeldoelige RCC Plaza, N$900 miljoen vir 'n waterfront en marina-ontwikkeling by Walvisbaai asook 'n versoek vir N$2 miljard se finansiering van "regeringskonstruksieprojekte van paaie".
!Hanabeb sê die brief aan Thomas Nakasole het bloot die RCC se projekfinansieringsbehoeftes aangedui. Hy sê dit is wat die staatsonderneming doen elke keer as dit verskillende voorsieners vir finansiering nader.
“My kantoor ontvang op 'n weeklikse basis aanbiedinge oor finansiering en/of vennootskappe. Om die rede was RCC se korrespondensie met TN Investment bloot om (hulle) aanbod te verstaan en om dieselfde aan die RCC- direksie en die aandeelhouer (die Namibiese regering) voor te lê. In hierdie geval het ons nie TN Investments se voorstel geprosesseer of aan die direksie voorgelê nie," het !Hanabeb gesê.
Hy sê TN Investment het in Februarie 2016 belangstelling getoon om geld aan die sukkelende RCC beskikbaar te stel.
!Hanabeb het onlangs in 'n verklaring aan RCC-personeel gesê die RCC het in Junie 2016 aanduidings gegee dat dit in finansiering belang stel.
Finansiering is gesoek vir bates en 'n aanleg; spesifieke projekfinansiering, eiendomsontwikkeling en 'n item wat as “balansstaatherstrukturering” aangedui is.
Maatskappye wat gereageer het op hierdie versoek, is gesamentlik deur 'n maatskappy bekend as Red Bull CC en die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika gemaak asook deur Lexna Incorporated in vennootskap met Sasari Co. Ltd & Winthorpe, en die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN).
Die RCC-direksie het 'n finansieringsvoorstel van N$36 miljoen van die DBN goedgekeur wat vir die diens van grond in Goreangab Uitbreiding 1 in Windhoek bestem is.
!Hanabeb sê die RCC het nie enige lening van TN Investment aanvaar nie.
VRAE OOR PROJEKTE
Bronne wat verkies om anoniem te bly, voer aan die regering het nie goedkeuring gegee vir die Khorixas-Kamanjab-pad van 105 kilometer waarvoor !Hanabeb in sy brief van April 2016 gesê het N$321 miljoen benodig word nie.
Gevra hieroor het !Hanabeb gesê Fase 1 van die Swakopmund-Hentiesbaai-Uis-Khorixas-Kamanjab-pad is in Junie 2005 aan die RCC toegeken.
"Die toekenning van die daaropvolgende fases was onderhewig aan goeie prestasie met Fase 1. Die tweede fase van Khorixas na Kamanjab is formeel aan die RCC toegeken," het !Hanabeb gesê en bygevoeg dat die besonderhede hiervan by die RCC beskikbaar is.
Hy sê die RCC Plaza-projek het in 2012 begin en 'n voorlopige lewensvatbaarheidstudie is in 2013 voltooi.
"Ons hersien en implementeer bloot die projek wat ons voorgangers begin het. Die projek sal dadelik die RCC se balansstaat verbeter," het !Hanabeb gesê.
"RCC het 53 erwe oral oor Namibië, sommige met geboue en ander daarsonder. Hierdie grond en geboue is op verskillende dorpe en die RCC betaal tariewe en belasting in plekke waar dit nie werksaamhede het nie. Die doel is om hierdie kostesentrums in inkomstesentrums te omskep en die hoë oorhoofste koste te verminder."
Wat die waterfront en marina-ontwikkeling by die Walvisbaai-hawe betref, sê !Hanabeb die RCC is vir 'n vennootskap vir die konstruksie van die projek genader, selfs al is nie daarvoor getender toe NamPort dit in 2015 geadverteer het nie.
Hy het ontken dat die RCC N$2 miljard versoek het vir die konstruksie van paaie deur die regering, soos in sy brief aan Nakasole gestipuleer is.
Hierdie versoek het die wenkbroue onder rolspelers in die bedryf laat lig wat sê finansierders word gewoonlik versoek om 'n tien persent-waarborg op individuele padprojekte te voorsien.
!Hanabeb het as sulks hierop gereageer: “RCC oorweeg finansieringsopsies vir regeringspaaie wat aan die RCC toegeken word vir konstruksie en instandhouding. Dit is om 'n aanleg en werkende kapitaal te bekom. Werkende kapitaal is nodig aangesien betalings eers ná 56 dae vir standaard teerpaaie gedoen word. Derhalwe die behoefte aan vier maande se werkende kapitaal."
Hy het bygevoeg dat die RCC hoofsaaklik reken op sy vennote in gesamentlike ondernemings vir die voorsiening van werkende kapitaal om "die swaar staatmaak op vennote in gesamentlike ondernemings te verlig".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie