RCC in 'intensiewe sorg'
Onsekerheid oor die toekoms van die strategiese staatsonderneming vertraag regstellende aksies.
Augetto Graig - Die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) se aantal permanente werknemers het al met 1 000 verminder, van 1 400 tot 400, en daal steeds, sê raadsvoorsitter Fritz Jacobs.
Die staatsonderneming maak nou meer van kontrakwerkers gebruik. Jacobs sê die staat se padbouer gaan nog deur 'n tydperk van buitengewone werkswyse: “Ons het 'n histories verminkte organisasie geërf - soos 'n pasiënt in die intensiewesorgeenheid.” Hy het Donderdag op 'n mediakonferensie in die hoofstad gesê die nuwe raad en bestuur is besig om hul omkeerstrategie daagliks toe te pas en die vrugte word reeds gepluk. By dieselfde geleentheid het die RCC se uitvoerende hoof, mnr. Tino !Hanabeb, die versekering gegee dat huidige RCC-werkers wel einde Junie betaal sal word.
Jacobs noem die onlangse toekenning van die Paaieowerheid (RA)-kontrak aan die RCC om die N$750 miljoen-pad tussen Swakopmund en Hentiesbaai te bou, as een van die prestasies. Volgens hom is dit die eerste keer dat die RA die RCC as kontrakteur aanstel en verwag om N$120 miljoen wins daaruit te maak.
“Daar is tasbare veranderinge in hoe ons sake doen by die RCC,” sê hy. “Al ons bankrekeninge, ook die oortrokke fasiliteite, is op datum.
“Als is normaal, met die uitsondering van die finansiële verklarings wat nog geoudit moet word,” sê hy. Laas jaar het die nuwe raad reeds die boeke van 2011 tot 2014 laat doen, en nou is ouditeure besig met dié van 2015 tot 2017.
Dusver is beter beheerstelsels ingestel, raadskomitees is saamgestel, terme van verwysing is uitgeklaar en maatreëls vir aanspreeklikheid is ingestel, alhoewel finansiële oponthoud die volle toepassing van die regrukplannne vertraag, sê hy.
Die regering bespreek tans die RCC se voortbestaan en dit veroorsaak onsekerheid. “Dit is nie goed as seniors onsekerheid veroorsaak nie,” sê Jacobs. “Die leemte geskep daardeur knel die maatskappy omdat dit die noodsaaklike hupstoot terughou, sê hy.
Indien die ware koste van likwidasie vergelyk word met die ware koste om die RCC bekwaam te maak, kos dit duidelik veel meer, volgens hom. Net die grond wat die RCC besit, wat vir die verbandhouer verlore sou gaan, is veel meer as N$70 miljoen werd, sê hy.
Die ministerie van werke en vervoer het N$70 miljoen gewaarborg, maar nog nie oorbetaal nie. N$21 miljoen wat in Mei oorbetaal is, het skaars salarisse betaal nadat die boekhoukostes gedek is.
Sedert die stigting in 2000 het die regering ongeveer N$15 miljoen per jaar aan die RCC bestee. Die raad het nou weer aansoek gedoen om uitstaande belastinggeld te laat afskryf, en die regering vir N$317 miljoen gevra om die onderneming te herstel, sê Jacobs. Die RCC het bates van N$380 miljoen, laste van N$660 miljoen en 'n tekort van N$280 miljoen ná 17 jaar se bestaan, maar kan met N$317 miljoen op die been gebring word om 'n waardevolle dividend aan die regering te lewer, sê hy.
“Ons het 'n strategiese plan saamgestel wat nie uit die duim gesuig is nie, en nie ooroptimisties is of te goed om waar te wees nie.
“Padvervoer is 'n hoogs winsgewende sektor en so ook die ontwikkeling van geboue. Dit is hoekom internasionale maatskappye na Namibië toe stroom. Hoekom moet die RCC toegemaak word as die RCC die rol het om te vervul?”
Jacobs sê die regering beplan om tot N$68 miljard oor die volgende vyf jaar op die bou van paaie te bestee en die RCC het 'n belangrike rol te speel om te verseker die geld bly in die land. Boonop kan die RCC oorgenoeg geld vir homself maak én om die aandeelhouer terug te betaal. “Ons syfers klop en dit is beskeie, maar ons kan N$900 miljoen insamel ná net vyf jaar,” sê hy. “Al wat ons moet doen, is om te verseker ons interne beheerstelsels werk, die maatskappy goed bestuur en ons mandaat vervul.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie