RCC in finansiële verknorsing

Werkers se debietorders deur banke afgetrek, kan boeteheffings verwag

01 November 2016 | Infrastruktuur
Catherine Sasman - Werksaamhede by die hoofkantoor van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) het gister so te sê tot stilstand gekom nadat werkers steeds nie betaal is nie.

Die hoof uitvoerende beampte van die RCC, mnr. Tino !Hanabeb, het op 26 Oktober aan werkers beloof dat hul salarisse gister uitbetaal sou word.

In die brief het !Hanabeb gesê hy glo alle betalings verskuldig aan die RCC sou inbetaal wees wat die maatskappy in staat sou stel om die salarisse uit te betaal.

Teen gistermiddag het werkers gesê hul salarisse was nog nie inbetaal nie. Hulle het ook gekla dat hulle in die skuld gedompel word aangesien debietorders reeds van hul bankrekeninge afgetrek is en hulle blootgestel was aan boeteheffings.

Die finansiële ellende by die beleërde semi-staatsinstelling het reeds in Julie begin toe !Hanabeb in ‘n brief aan personeel erken het dat salarisuitbetalings vertraag sou wees tot 2 Augustus, glo as gevolg van ‘n tegniese probleem.

Die salaris van Julie was toe op 5 Augustus uitgeklaar.

As gevolg van hierdie láát betaling het die maatskappy in September onderneem om boeteheffings van geraakte werkers te betaal.

Volgens ingeligte bronne wat anonimiteit verkies, is die RCC se skulde onvolhoubaar. Een van die bronne het beweer dat RCC se bates as sekuriteit gebruik word om sy skulde te betaal en dat die maatskappy daarom tegnies aan derde partye behoort.

Daar was ook gerugte dat sprake bestaan dat die RCC se deure finaal gaan sluit en dat die ministerie van staatsinstellings hierdie opsies op ‘n vergadering vanaf 17 tot 19 Oktober bespreek het.

Die minister van staatsinstellings, mnr. Leon Jooste, het egter gesê hy is nie bewus van enige vergadering oor die RCC se lot of enige sprake dat die maatskappy moontlik gesluit gaan word nie.

Nóg ‘n gerug was dat die RCC se geldprobleme veroorsaak word deur die Paaieowerheid (RA) se traagheid om vir kontrakwerk te betaal.

Die RA se woordvoerder, me. Hileni Fillemon, het láát gister slegs gesê enige geldsake met betrekking tot projekte tussen die RA en RCC sal intern hanteer word ingevolge die ooreenkoms tussen die partye.

Die ministerie van werke en vervoer kon gister nie op vrae reageer nie.

Teen druktyd het die RCC nog nie vrae beantwoord nie.

Soortgelyk

 

Dagboek vir die landbouer

45 minute gelede | Landbou

Wildfees- en ­veiling vind dié naweek plaasDie Outjo Wildsfees vind hierdie naweek by die Sophienhof Lodge buite Outjo plaas. Die wildsveiling, aangebied deur Du Preez...

Noorde in greep van erge waterkrisis

11 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - Skade weens verspoelings aan die kanaal wat water vanaf Calueque tot by Oshakati en omliggende dorpe in die sentrale Noorde, ...

Karibib skud!

12 ure gelede | Omgewing

‘n Aardbewing wat 3,4 op die Richeterskaal geregistreer het, het knap voor middernag suid van Karibib plaasgevind.Volgens ‘n mediaverklaring van die ministerie van myne en...

Twee mans sterf op Hochfeldpad

1 dag gelede | Ongelukke

Twee mans het gistermiddag in ‘n motorongeluk op die pad tussen Okahandja en Hochfeld gesterf.Die sedanvoertuig waarin hulle gereis het, het ‘n slaggat getref en...

Shaningua 'het uit vrees geskiet'

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw – Mnr. Rodney Shaningua (47) wat van die moord op ’n Finse burger twee jaar gelede beskuldig is, het gister aan ’n hoërhofregter...

Premier gee oorsig oor staatsdiens

1 dag gelede | Regering

Estelle de Bruyn - Met die uitsondering van die uniformmagte en politieke ampsdraers, is daar 67 835 staatsamptenare in Namibië van wie 534 buitelanders is.Dit...

Weer vir 28 April 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie oor die Zambezistreek. Dit sal winderig oor die binneland wees, behalwe oor die verre...

Reg op repliek: Safari Hotels

1 dag gelede | Plaaslik

Op 10 Maart 2017 het Republi­kein 'n onderhoud geplaas wat gevoer is met mnr. Johnnie Hamman, voormalige besturende direkteur van Safari Hotels (Edms. Bpk.), onder...

Sentrale Aankoperaad in hoërhof ingehuldig

1 dag gelede | Howe

Die nuwe Sentrale Aankoperaad is gister amptelik deur regterpresident Petrus Damaseb in die hoërhof ingehuldig. Die voorsitter van die nuwe raad, mnr. Patrick Swartz, het...