Rassie tevrede met sege, maar wys op haakplekke
Rassie tevrede met sege, maar wys op haakplekke

Rassie tevrede met sege, maar wys op haakplekke

Rugby
Michael Green - 'n Paar weke gelede het die Springbokke verloor wanneer hulle 'n klompie veranderinge maak.

Nou, ná Saterdag se oorwinning van 23-12 teen Australië in Port Elizabeth, is dit nie meer die geval nie.

Dit is vir Rassie Erasmus, die Springbokafrigter, die een aspek van die toets wat die verblydendste is.

“Dit wys ons groei as 'n groep en as 'n span,” sê Erasmus ná Saterdag se kragmeting.

Hy was tevrede met die sege, hoewel hy toegee dit was nie die perfekte vertoning nie.

“Ons was takties nie so goed in die tweede helfte nie, maar die veggees was weer baie goed,” sê Erasmus.

“Ek dink ook nie ons eie lynstane was goed nie, maar ons het goed meegeding.”

Erasmus meen sy span het meer kanse teen die Wallabies as in hul vorige wedstryd teen die All Blacks geskep om punte aan te teken.

“Ons het egter heelwat punte daar buite gelos,” sê hy.

Michael Cheika, die Wallabies se breier, het oudergewoonte 'n bietjie oor die skeidsregter gekerm.

Volgens hom was van die Springbokke wat die bal probeer onderskep het, baie gelukkig om nie met geelkaarte gestraf te word nie.

“As jy die bal wegklap, moet dit 'n geelkaart wees,” het hy gesê.

Cheika meen ook sy span het nie die “fisieke stryd” gewen nie.

“Ek is ver van gelukkig, maar daar was vordering. Ons moes net ons kanse beter gebruik en afgerond het,” sê hy.

Michael Hooper, die besoekers se kaptein, het ná die wedstryd nogal gedaan gelyk.

“Ons het goed gedoen om terug te kom in die wedstryd. Ons het lang tye druk op hulle geplaas, maar soos Cheika gesê het, ons kon nie punte kry nie.”

Hooper was ook teleurgesteld dat hy en sy manne nie punte kon aanteken terwyl Aphiwe Dyantyi met 'n geelkaart van die veld was nie.



HIER KOM 'n DING

Dié Springbokspan is besig om nuwe vertroue te vestig en ná die sege oor Australië is daar tekens dat hulle al hoe meer begin lyk na 'n Wêreldbeker-aanspraakmaker volgende jaar in Japan, skryf Hendrik Cronjé.

Vir Rassie Erasmus moet dit bemoedigend wees dat sy span nog nie naastenby tot sy volle potensiaal speel nie, maar steeds daarin kon slaag om met nege punte te wen teen 'n sterker Wallaby-span as die een teen wie hy 'n paar weke gelede in Brisbane verloor het.

Vincent Koch het verlede naweek gesê die Bokke begin weer soos die span van ouds speel. Hy is in die kol.

Hulle het die fisieke botsings oorheers, die oorhand in die vaste fasette gehad en Handré Pollard se stelskopwerk was weer kookwater. Dit is alles bestanddele wat in die verlede deel van 'n suksesvolle Bok-resep was.

Soos twee weke gelede in Wellington, was die Bokke se verdediging ook in die Baai weer vyfster. Ná die twee toetsee kan 'n mens met groot sekerheid sê dat die Suid-Afrikaners se verdediging, soos hul fiksheid, reeds op die vlak van die wêreldkampioen, die All Blacks, is.

Die Bokke se aanvallende spel verbeter steeds en hulle lyk op die aanval giftig, maar hulle is nog nie op die gewenste vlak nie. Die vernaamste aspekte wat weer uitgewys is vir verbetering, is hul afronding, taktiese skopwerk en spel by die afbreekpunte.

Spelers soos Pieter-Steph du Toit, André Esterhuizen en Jesse Kriel was ysters op die verdediging. Kriel kry nie naastenby genoeg erkenning vir sy bydrae as verdediger nie.

Selfs Faf de Klerk, Frans Malherbe en Siya Kolisi het 'n paar monster-duikslae op kritieke tye ingekry.

Op die aanval het spelers soos Eben Etzebeth, Pollard, De Klerk en Malcolm Marx dikwels die oog getref.

Die Bokke het soos in van hul vorige toetse vanjaar baie kanse geskep, wat baie bemoedigend is, maar hulle kon weer nie almal afrond nie. Net in die eerste helfte was daar minstens drie kanse vir drieë wat nie benut is nie.

Met een van hulle kon die opwindende Aphiwe Dyantyi met 'n oop doellyn voor hom nie 'n aangee van Willie le Roux onder beheer kry nie.

Die Bokke het ook op 'n kol 'n lynstaanbal sowat 5 m van die Wallabies se doellyn afgestaan.

En 'n ander keer moes Kolisi die bal bloot aan Le Roux uitgegee het toe die Bok-kaptein alleen wou hardloop nadat die Bokke 'n pragtige bres regs geslaan het. Met geen verdediger voor nie is Kolisi van agter af platgetrek, terwyl Le Roux aan sy binnekant oop was om te gaan druk.

Die Bokke het egter ook goeie teenstand gekry en veral David Pocock was strykdeur 'n irritasie by die afbreekpunte. Hy het minstens drie keer op kritieke tye in die eerste helfte besit afgeneem.

Sy spel in dié faset, en die besoekers se taktiek om Israel Folau se lengte en vernuf onder die hoë balle te gebruik, was 'n rede waarom die telling teen rustyd net 20-12 in die tuisspan se guns was.

Afgesien daarvan dat die Wallabies deur 'n sterker span geklop is, het die Aussies se probleme by hul stel­skopwerk en lynstaanspel gelê. Net in die eerste helfte het Matt Toomua en Reece Hodge saam agt punte met die skopskoen verbrou.

Kurtley Beale se insluiting op los­skakel ten koste van Bernard Foley verloor tans vir hulle meer toetse as wat dit vir hulle wen. Dit was juis Beale wat, nadat die Bokke die toets teen 'n hoë intensiteit begin het, die aangegee gemaak het wat verspot maklik deur Dyantyi onderskep is.

As die Bokke verloor het, sou dit seker net na suur druiwe geklink het om die skeidsregter by te kom. Maar die Suid-Afrikaners en die Fransman Jérôme Garcès is eenvoudig nie vriende nie.

Voor die toets in die Baai was die Bokke in hul vorige agt kragmetings onder hom aan die verloorkant.

In die 13 Bok-toetse wat hy geblaas het, kon Suid-Afrika net vier wen. Die laaste vorige keer voor Saterdag was in 2014 teen Italië in Padua.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.08/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 860.10/T UP 1.92% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 903.48/OZ UP +0.15%