Rassie g'n selfvoldaan
Rassie g'n selfvoldaan

Rassie g'n selfvoldaan

Krieket
Tielman van Lill
Tinus van Staden



As iemand aan die begin van die jaar sou voorspel het dat Rassie van der Dussen teen die einde van Maart so te sê verseker van sy plek in die Proteas se Wêreldbeker-groep sou wees, sou die Lions-kolwer waarskynlik self uitgebars het van die lag.

Hy het immers op 19 Januarie teen Pakistan eers sy internasionale eendagbuiging gemaak. Maar tog het hy sy kanse so goed aangegryp, dat dit bykans ondenkbaar is dat hy nié die groep van 15 vir die skouspel in Engeland sal haal nie. Die Proteas se Wêreldbekergroep word aanstaande maand gekies.

Hy is wel versigtig om nou al te opgewonde te raak.

“Ek dink nie jy kan ooit sê jy is van jou plek verseker nie,” het hy Vrydagaand in Centurion gesê nadat hy in die tweede T20-wedstryd teen Sri Lanka geskitter het.

Sy beurt van 64 (44 balle; 4x4, 3x6) het die Proteas gehelp om die Eilandspan met 16 lopies te klop en die reeks sodoende te beklink – ondanks die uitslag van vandag se derde wedstryd op die Wanderers.

“Ek het nie lank terug in die span ingekom nie. Ek het toe gesê ek gaan dit wedstryd vir wedstryd benader.

“Dit is steeds my uitkyk. Daar is 'n paar keurvergaderings wat opkom en ek dink ek het oukei gevaar tot dusver, maar daar is nooit enige waarborge in die lewe nie,” sê hy.

Hy spog met vier vyftigtalle ná nege internasionale eendagwedstryde. Sy gemiddeld is 88.25.

Tog wil hy nie oorgerus word nie.

“Jy kan altyd beter vaar, maar ek is betreklik tevrede met hoe sake verloop het. As 'n speler weet jy waartoe jy in staat is en om dit op internasionale vlak te wys, is bevredigend.

“Toe ek in die span ingekom het, het ek geweet ek kan dit maak. Dit was net 'n geval van om daardie volgende treetjie te gee. Dit is lekker om nou hier te sit en te weet ek het dit reggekry.”

Van der Dussen se spelpeil is vir 'n wyle nou al puik. Hy sê dít het nie vanself gebeur nie.

“Ek en die Lions se kolfafrigter, Justin Sammons, het verlede jaar 'n paar gebiede geïdentifiseer waaraan ek moes werk. Hy het baie onbaatsugtig 'n magdom balle na my gegooi in die nette.

“Ek voel ook vars. Ek hou my prosesse eenvoudig en my oefeninge so taai as moontlik. Ek is ook al 30 jaar oud. Ek het al genoeg krieket gespeel om te weet wat my sterk- en swakpunte is.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!