Rasseherrie oor ontgroeningsfoto

'n Plaaslike private skool se ontgroening het op sosiale media in Suid-Afrika gaan draai.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Rasseherrie het op sosiale media in Suid-Afrika losgebars nadat 'n aktivis van die Economic Freedom Fighters (EFF) 'n ontgroeningsfoto van Windhoek Gimnasium op sy Facebook-blad geplaas het.

Die EFF-aktivis en raadslid van Ekurhuleni, mnr. Julius Mmeli Mdluli, het dié gewraakte ontgroeningsfoto geplaas met die byskrif “if they do not call us names like baboons and kiffirs, or put us alive in coffins.they now hang us with musking types on poles. I am not sure how to relate with such behaviour­ from Europeans in our country (sic)”.

Hy het verwys na wit leerlinge wat 'n swart leerling met maskeerband aan 'n paal vasbind, maar op die agtergrond op die foto word dieselfde met 'n wit leerling tydens die ontgroening gedoen.

Mdluli is egter in meer as 260 kommentare vinnig op die vingers getik, onder meer dat “die hoofprobleem jou obsessie met ras is”.

Op navraag van Republikein het Curro Holdings namens Windhoek Gimnasium Vrydag in 'n verklaring gesê die voorval is uit verband geruk.

“Curro Holdings is spyt om te bevestig dat die voorval plaasgevind het wat uit verband geruk is as die skending van menseregte van leerlinge by Windhoek Gimnasium,” het die hoof van bemarking en kommunikasie van Curro Holdings, me. Mari Lategan, gesê.

“By Curro Holdings bevorder ons 'n onderrigomgewing wat toegewy is aan 'n waardestelsel wat kindervriendelikheid, positiewe dissipline, Christelike etiek en waarde, en kreatiewe denke eer. Dit is om hierdie rede dat geen skending van menseregte van enige leerling of personeellid toegelaat sal word nie.”

Lategan sê daar is met die onderwys­owerhede in Namibië gekommunikeer en voorgestelde maatreëls sal geëvalueer­ en geïmplementeer word om enige toekomstige herhaling te voorkom.

“Ons doen alles in ons vermoë om die geraakte invidu(e) te ondersteun. Curro se visie bly om kwaliteit onafhanklike skoolonderrig aan leerlinge regdeur Suider-Afrika te voorsien,” lui die verklaring.

Op Windhoek Gimnasium se Facebook-blad is geskryf “ons weerhou ons van sosiale media-reaksie oor die kwessie van een ontgroeningsfoto wat buite konteks geplaas is, maar ons sal inligting oor die kwessie aan ons skoolgemeenskap deur die weeklikse nuusbrief gee”.

Windhoek Gimnasium is “verheug om te sien hoe trots ons skoolgemeenskap is en hoe bekommerde leerlinge, ouers en personeel die skool se goeie beeld beskerm. Die onderrig van ons leerlinge en respek vir mekaar is een van ons hoogste prioriteite”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!