Rand wag nou vir Moodyu2019s-nuus
Rand wag nou vir Moodyu2019s-nuus

Rand wag nou vir Moody’s-nuus

Elvira Wood – Die rand spartel steeds om weer veld teenoor die dollar te wen.

Die geldeenheid het Maandagoggend teen R14,76 teenoor sy Amerikaanse eweknie begin verhandel.

Die grootste gebeurtenis dié week wat waarskynlik ’n invloed op die waarde van die rand sal hê, is as die kredietgradeerder Moody’s Investors Service wel Vrydag ’n besluit oor die land se kredietgradering maak.

Die kredietgradeerder het voorheen dié datum op sy kalender aangedui.

Lucie Villa, hoofontleder van Moody’s verantwoordelik vir Afrika suid van die Sahara, het voorheen egter gewaarsku dit is net ’n aanduiding van wanneer hulle moontlik ’n besluit kan maak.

Dit beteken nie hulle gaan dit definitief doen nie.

Die laer vlak waarteen die rand tans teenoor die dollar verhandel, is hoofsaaklik weens internasionale gebeure.

Die dollar het die laaste twee weke beduidend teenoor verskeie geldeenhede versterk.

Dit is veral nadat daar op ’n nuwe handelsooreenkoms tussen Amerika, Kanada en Mexiko ooreengekom is.

Die handelstwis tussen Amerika en China, wat deur sommige ontleders nou as ’n handelsoorlog beskryf word, druk ook die dollar hoër en geldeenhede uit ontluikende markte laer.

Die rand het Maandagoggend teen R19,35 teenoor die Britse pond en R16,99 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

· Goud: $1 196 per fynons

· Platinum: $817 per fynons

· Olie: $83,29 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 568,96

· Ethereum: $225,14 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!