Rand val terug na R13 per dollar
Rand val terug na R13 per dollar

Rand val terug na R13 per dollar

Niel Joubert



Die rand het gister skerp verswak ná sprake dat die Reserwebank se onafhanklikheid onder oorsig moet kom en sy mandaat verander moet word.

Die geldeenheid het gistermiddag met meer as 1,6% verswak en weer deur die vlak van R13 teenoor die Amerikaanse dollar gebreek nadat dit die oggend nog teen R12,81 verhandel het.

Dit kom nadat adv. Busisiwe ­Mkhwebane, die openbare be­skermer (OB), gister gesê het die Grondwet moet gewysig word om die onafhanklikheid van die Reserwe­bank te verseker.

Mkhwebane het die sogenaamde CIEX-verslag na die Spesiale Ondersoekeenheid verwys om die R1,125 miljard wat Absa van 1985 tot 1995 van die Reserwebank as 'n reddingsboei ontvang het, terug te kry.

Volgens Mkhwebane moet die Grondwet aangepas word om seker te maak die Reserwebank bevorder gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei.

Die bank moet terselfdertyd seker maak die sosio-ekonomiese belange van die land se burgers word beskerm.

Peter Attard Montalto, 'n ontleder van Nomura, sê die rand het op die nuus gereageer dat Mkhwebane voorstel die Reserwebank se doelwit moet verander word, want hoewel dit waarskynlik moeilik gaan gebeur, is dit nie 'n goeie nuusopskrif nie.

“Dit is nogal ongewoon dat 'n openbare beskermer so spesifiek is oor die verandering van die Grondwet of inderdaad so radikaal is oor transformasie,” sê Montalto.

Die primêre doelwit van die Reserwebank, volgens die Grondwet, is om die waarde van die rand te beskerm “in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei”.

Volgens Montalto stel Mkhwebane voor dat die Grondwet verander word sodat die doelwit van die Reserwebank die “bevordering van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in Suid-Afrika word, terwyl daar verseker word die sosio-ekonomiese welvaart van die landsburgers word beskerm”.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A